SchoolsVryheid Herald

Pionier is PSG Super 8-Sportskool 2025

Baie sterkte aan elke leerder wat vanaf 2 Junie eksamen skryf.

Op 31 Mei het die tweede PSG Super 8-finaal in KZN te Hoërskool Richardsbaai plaasgevind. Na ‘n veeleisende reeks wedstryde die afgelope kwartaal het elke Pionier die finale wedstryde met durf en ywer aangepak. Soos gewoonlik het ons Pionier-leerders ons net supertrots gemaak.

Hiermee die uitslae:

RUGBY

Eerstespan vs. Riverwood College vir derde/vierde plek.
Eerste span wen 26-18.
Drieë: Dawid Joubert, Hugo Joubert, Stephan Nel en Jaco Smit.
Verdoel: Dylan Smith (3).
Speler van die Wedstryd: Jaco Smit
Pionier se eerstespan eindig derde.

Tweedespan vs Suid Natal se twedespan vir derde/vierde plek.
Die tweedespan verloor 7-17.
Drieë: Austin Du Randt (1).
Verdoel: Carl Strydom.
Die tweedespan eindig vierde.

o.16-span vs. Suid-Natal vir eerste/tweede plek.
Die o.16-span verloor 7-24.
Drieë: Wynand Viljoen (1).
Verdoel: Ruhan Steenberg.
Die o.16-span eindig tweede.

o.15-span vs. Suid-Natal vir eerste/tweede plek.
Die o.15-span wen 31-0.
Drieë: Jacob Bekker (2), Simeon Meyer (2) en Rowan McDonald (1).
Verdoel: Henk Booysen (3).
Die o.15-span eindig eerste.

o.14A-span vs. Hillcrest vir sewende/agtste plek.
Die o.14A-span wen 71-3.
Drieë: Jurgens Booysen (2), Ceandre Calitz (2), Joshua Mdletshe (3), Heinrich Botes, Ceas Sharp (1), André Kotze (1), Leon le Roux (1), Liam Oosthuizen (1) en Riaan Cronjé (1).
Verdoel: Ceas Sharp (3).
Die o.14A-span eindig sewende.

Die rugbyspanne eindig algeheel derde in die PSG Super8-rugbyreeks.

NETBAL

Pionier is borsbarstrots op ons netbalspanne, wat saam met Hoërskool Empangeni, algeheel eerste in die PSG Top8-netbalreeks geëindig het.

Hiermee die verskillende spanne se uitslae:

· Die eerstespan wen Suid-Natal 34-26 en eindig derde.
· Die tweedespan wen Hillcrest 18-16 en eindig eerste. Natalie Nel word as speler van die wedstryd aangewys.
· Die o.16A-span wen Suid-Natal 28-9 en eindig eerste. Anzel Oosthuysen word as speler van die wedstryd aangewys.
· Die o.15A-span verloor 12-20 teen Suid-Natal en eindig tweede.
· Die o.14A-span wen Riverwood 9-8 en eindig vyfde.

HOKKIE

Die meisieshokkie het vir plek een of twee uitgespeel en die tellings lyk soos volg:

Die o.14-span het teen Hillcrest High School met ‘n gelykop telling geëindig en hulle moes aan die agt sekonde uitspeelspel, waarin vyf spelers elkeen teen die doelwagter van die ander span ‘n doel moet probeer aanteken, deelneem. Pionier het oortuigend met vier doele teenoor die twee doele van Hillcrest gewen. Hulle het die trofee vir o.14-hokkie trots verower.

Die o.16-span het 0-2 teen Suid-Natal verloor en tree as naaswenners in die finaal uit.
Die tweedespan het Hillcrest oortuigend 2-0 gewen om as wenners in die finaal uit te tree en verower ook die trofee vir tweedespanne in die toernooi.
Pionier se eerstespan het dapper in die finaal teen Riverwood College gespeel, maar 0-1 verloor.
Ons wil die seunshokkie gelukwens met hulle uitspeelwedstryd teen Suid-Natal. Hulle het Suid-Natal oortuigend 4-2 gewen om die sewende plek in die toernooi te verower.

Hoërskool Pionier se meisies is by die toernooi as PSG SUPER 8 se Hokkieskool van 2025 aangewys.

Ons dank aan elke ouer en ondersteuner van die skool en spelers van al ons spanne vir julle vrywillige bydraes, motivering en ondersteuning deur die hele jaar se sportseisoen.

Sien julle weer in 2026, waar nuwe uitdagings weer op ons pad sal wees.

SKYFSKIET

Op 31 Mei 2025 het Pionier se skuts aan die liga 4-skyfskietkompetisie in Pietermaritzburg deelgeneem.

Tydens die opening en verwelkoming is die medaljes vir liga 3 (posliga) uitgedeel.

Die volgende skuts het medaljes vir verbetering van punte ontvang:

1. Philipp Eybers (o.16-Veerklas).
2. Markus Erasmus (o.14-Sporterklas).
3. Niquita Steyn (o.21-Sporterklas).

Die volgende skuts het top prestasies tydens liga 3 verwerf:

o.21-Sporterklas
· Goud: Wileze Scheepers.
· Silwer: Niquita Steyn.
· Brons: Lesaydi de Wet.

o.21-Veerklas
· Silwer: Lizaan Jansen.

o.16-Sporterklas
· Silwer: Nash Olivier.

o.16-Veerklas
· Goud: Frans Saaijman
· Brons: Maarten Grobbelaar.
o.14-Sporterklas
· Goud: Daniël Herbst.

o.14-Veerklas
· Brons: Miané Kriel.

Liga 4 se uitslae is as volg. Die medaljes vir liga 2 en 4 sal by liga 5 gegee word.

o.21-Sportklas
Eerste: Niquita Steyn.
Tweede: Wileze Scheepers.
Sewende: Mia Myburgh.

o.16-Sporterklas
Derde: Nash Olivier.
Vierde: Zandré Richards.
Agtste: Juan Cilliers.
Negende: Liam Liversage.

o.14-Sporterklas
Eerste: Markus Erasmus.
Tweede: Daniël Herbst.
Derde: Zane le Grange.
Vyfde: Dané Els.
Sewende: Johannes Coetzee.

O.21-Veerklas
Tweede: Lizaan Jansen.
Vyfde: Mathew Bothma.

o.16-Veerklas
Eerste: Frans Saaijman.
Tweede: Maarten Grobbelaar.
Tiende: Philipp Eybers.

o.14-Veerklas
Tweede: Miané Kriel.
Vierde: Diané Barnard.

Ons is baie trots op elke skut en weet dat julle bywoning van oefeninge ‘n groot rol in julle prestasies speel.

OP DIE KALENDER

Baie sterkte aan elke leerder wat vanaf 2 Junie eksamen skryf. Ons glo dat dit met harde werk en God as Leidsman met elkeen baie goed sal gaan.

ALSO READ: Pionier-leerders het gees

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button