SchoolsVryheid Herald

Pionier se graad 10’s versprei vreugde op Lentedag

Pionier blink uit in krieket, hokkie en tennis, terwyl graad 12’s proefeksamen aanpak.

‘N BAIE SPESIALE LENTEDAG

Die graad 10’s het Lentedag spesiaal gemaak deur koekies by die ouetehuise uit te deel. Die oumas en oupas het dit met groot vreugde ontvang en baie waardeer.

DOGTERSKRIEKET

Pionier se dogterskrieketspan het op 6 September ’n sterk oorwinning teen Hoërskool Dundee op Pionier se veld behaal deur die wedstryd met vier paaltjies te wen. Dundee is vir 42 lopies in 13.3 boulbeurte uitgehaal. Vir Pionier het Mekayla Jordan (3/5) en Leané Janse van Rensburg (3/10) die boulwerk oorheers, terwyl Xiah Labuchagne twee paaltjies geneem het.

Pionier het die teiken van 43 lopies in 9.3 boulbeurte bereik met Leandré van Dyk (17 n.u.n.) en Simoné Louw (7 n.u.n.). Die speler van die wedstryd was Mekayla Jordan vir haar drie paaltjies en uitstaande veldwerk.

Pionier is baie trots op die volgende drie dogters, wat na die NKZN-uitnodigingskriekettoernooi op 6 September uitgenooi is: Leandri Grobler, Mikayla Jordan en Leané Janse van Rensburg. Die toernooi is ongelukkig as gevolg van ongure weer na ‘n later datum uitgestel.

DOGTERSHOKKIE

Die o.15- hokkiespan het die afgelope naweek aan die Impi Visser Toernooi te Ermelo deelgeneem. Dit was ’n wonderlike geleentheid waar ons spelers baie geleer het en waardevolle ondervinding opgedoen het. Dit was ook die heel eerste keer waar ’n Pionier-span aan ’n Fast 5- toernooi deelgeneem het. Daar is geen uitlyn nie, dus is die spelvloei aanhoudend.

In die eerste wedstryd het die Pionier-span die toernooi uitstekend met ’n groot 10–1 oorwinning teen Oosterland begin. Daarna het Pionier teen Hoërskool Ermelo Groen gespeel en ná ’n spannende wedstryd met 2–1 gewen. In die halfeindstryd het Pionier sterk vasgebyt teen Secunda, maar ongelukkig 2–4 verloor. In die laaste wedstryd, vir derde en vierde plek, het Pionier teen Hoërskool Ermelo gespeel en verloor, wat beteken Pionier het in die vierde plek geëindig.

Alhoewel Pionier se hokkiespan nie ’n medalje gewen het nie, was dit uitstekende ervaring vir die spelers. Hulle het spanwerk, deursettingsvermoë en goeie sportmangees gewys. Ons is baie trots op elke speler en weet hierdie ondervinding gaan net help om nog sterker in die toekoms te wees.

TENNIS

Pionier se tennisspan het die naweek van 5 tot 6 September aan die

NKZN-kampioenskappe te Ladysmith deelgeneem.

Pionier se ses tennisspelers het baie goed gevaar en is almal gekies om NKZN volgende jaar te verteenwoordig.

Hiermee die finale uitslae:

· Clarissa Vivers: tweede in die o.19-ouderdomsgroep.
· Reinhard Meyer: eerste in die o.19-ouderdomsgroep.
· FC Chamberlain: derde in die o.19-ouderdomsgroep.
· Tristan Basson: eerste in die o.15-ouderdomsgroep.
· Tian Steenberg: tweede in die o.15-ouderdomsgroep.
· André Barnard: derde in die o.15-ouderdomsgroep.

Almal het die naweek baie geniet en dis duidelik dat Pionier se tennisspan hierdie jaar baie goed speel.

Pionier wens elke matrikulant baie sterkte toe met die proefeksamen wat die afgelope week begin het.

ALSO READ: Pionier leerders skitter in musiek, rugby en krieket

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button