SchoolsVryheid Herald

Pionier se krieketdogters wys krag teen St Dominics

Pionier se dogters wen St Dominics met ses paaltjies na sterk boul- en kolfwerk.

KRIEKETWEDSTRYD

Pionier se krieketdogters het op 18 September 2025 teen St Dominics kragte gemeet.

St Dominics het eerste gekolf en het 53 lopies in 20 boulbeurte aangeteken.

Pionier se uitblinkers met hul boulwerk: Milan Smit het vyf paaltjies vir nege lopies in vier beurte geneem. Kayla Mahné het drie paaltjies vir vyf lopies geneem. Leané Janse van Rensburg en Mekayla Jordan het elkeen ‘n paaltjie geneem.

Pionier het tweede gekolf en 54 lopies vir die verlies van vier paaltjies aangeteken. Pionier het die wedstryd met ses paaltjies gewen.

Uitblinkers met die kolf: Abigail van Greuning met ‘n onoorwonne 22 lopies en Kayla Mahné met 13 lopies.

KZN INLAND FINALE PROVINSIALE KRIEKETPROEWE

Die afgelope naweek, 20 tot 21 September 2025, het KZN Inland die finale provinsiale proewe vir dogters onder 16 en onder 19 aangebied. Die proewe is by Hoërskool Howick aangebied en het spelers van regoor die streek saamgebring om hul vaardighede ten toon te stel. Die formaat vir die dag was ‘n T20-wedstryd.

Twee van ons eie spelers, Leandri Grobler en Mekayla Jordan, het aan die proewe deelgeneem en hul talent en toewyding getoon. Ons is trots op hul deelname en wag met opgewondenheid om te hoor of hulle in die finale span, wat gedurende die week aangekondig sal word, opgeneem is.

Ons bedank die organiseerders vir ’n toernooi wat baie goed gereël is.

FAST FIVE NETBAL

Ons skool se o.17 Fast 5-netbalspan het die afgelope naweek aan die Northern KZN Regional-toernooi by Hoërskool Amajuba deelgeneem. Die span het met gemengde welslae gespeel (verloor 5-9 teen Hoërskool Ferrum, wen 9-2 teen Dundee Secondary, wen 14-6 teen Sarel Cilliers en verloor 5-9 teen Hoërskool Vryheid) en kon ongelukkig nie tot die semifinaal deurdring nie. Alhoewel die uitslae nie in hul guns was nie, het die dogters vasberade gespeel en ons skool met trots verteenwoordig.

ALSO READ: Pionier se graad 10’s versprei vreugde op Lentedag

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button