SchoolsVryheid Herald

Pionier se sanggroep skitter by Ou Raadsaal heropening

Pionier vier sport- en kultuursuksesse met sterk krieketprestasies en provinsiale dogterskrieket-keuses.

Pionier is baie trots op hul sanggroep en sprekers, wat op Woensdag 24 Oktober, bereid was om die skool, tydens die Erfenisdag-vieringe by die heropening van die Ou Raadsaal, te verteenwoordig. Ten spyte van nat reënweer en Samaritaanse sambrele, het hulle trots hul ding gedoen. Na ‘n draai by die heerlike kosstalletjies, kon hulle die res van die vakansiedag gaan geniet.

KRIEKET

Op 23 September 2025 het Pionier se o.15-krieketspan teen Newcastle High School te Newcastle kragte gemeet.

Pionier het eerste gekolf en 221 lopies vir die verlies van 2 paaltjies in die toegelate 20 beurte aangeteken. Baie geluk aan die volgende kolwers: Leon Le Roux – 82 nie uit nie, Nash Olivier – 51 lopies en Thinus Lindeque – 36 nie uit nie

Newcastle het tweede gekolf en is vir 64 lopies uitgehaal.

Beste boulers: Reinhard Meyer – drie vir 0, F.C. Eicker – twee vir 0, Leon le Roux – een vir 0 en Thinus Lindeque – een vir vier.

Baie geluk aan Pionier wat die wedstryd met 157 lopies gewen het.

DOGTERSKRIEKET

Leandri Grobler en Mekayla Jordan het die naweek van 20–21 September aan die finale KZN Inland o.16- proewe te Hoërskool Howick deelgeneem. Die proewe het oor twee dae plaasgevind en is in T20-formaat gespeel.

Pionier is ongelooflik trots om aan te kondig dat albei dogters vir die KZN Inland Tuskers o.16- dogterspan vir 2025 gekies is!

Goed gedoen, Leandri en Mekayla – ons is baie trots op julle!

ALSO READ: Pionier se krieketdogters wys krag teen St Dominics

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button