SchoolsVryheid Herald

Pionier bevorder kankerbewustheid met pienk strikkies

Pionier vier kankerbewustheid met pienk strikkies en behaal spanningsvolle krieketoorwinning teen Vryheid Hoër.

Op 1 Oktober het die ATKV-jeugtak, Hupstoot, aan elke leerder, personeellid, sekretaresse, matrone en werker ‘n pienk strikkie uitgedeel om kankerbewustheidsmaand te herdenk. Hierdie gebaar het vir Pionier se gemeenskap ‘n diep betekenis, want dit is nie net ‘n simbool van omgee nie, maar ook ‘n bewuste poging om die belangrikheid van kankerbewustheid te beklemtoon.

Die pienk strikkie is ‘n wêreldwye simbool van die stryd teen kanker. Deur dit te dra, wil Pionier nie net hul solidariteit met diegene wat deur kanker geraak word toon nie, maar ook die gesprek oor kanker se impak in ons lewens oopmaak.

Ons glo dat dit van uiterste belang is om kankerbewustheid te bevorder en om diegene wat betrokke is in die stryd teen hierdie siekte te ondersteun. Pionier is trots om deel te wees van hierdie beweging en om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Krieket – Spanningsvolle oorwinning vir Pionier

Op Woensdag, 1 Oktober, het Pionier se eerstespan op hul tuisveld teen Vryheid Hoër in ’n ware naelbytwedstryd te staan gekom.

Pionier het die loot gewen en eerste gekolf — en met uitstekende spanwerk 187/3 aangeteken. Vryheid het hard teruggeveg, maar eindig net kort met 186/7 in hul 20 boulbeurte.

Helde van die dag:

Janko Hatting – 94 lopies van 58 balle
Joshua Buijs – vier paaltjies vir 20 lopies

’n Ongelooflike spanpoging en ’n welverdiende oorwinning vir Pionier se eerstespan!

ALSO READ: Pionier se sanggroep skitter by Ou Raadsaal heropening

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button