Hoërskool Pionier bekroon toppresteerders en nuwe skoolleiers
Hoërskool Pionier het sy toppresteerders en nuwe skoolleiers tydens die jaarlikse akademiese toekenningsaand vereer.
Die Akademiese Toekenningsfunksie vorm die hoogtepunt van die skool se akademiese jaar en dit het op Dinsdag, 21 Oktober 2025, plaasgevind. Mnr. Danie Truter was die eregas. Hy het sy veelsydige hoërskoolloopbaan as deel van die 2009-matriekgroep afgesluit. As belowende rugbyspeler teken hy ‘n 2-jaar-kontrak met die Vrystaat Cheetahs, maar presteer ook akademies deur sy graad in Rekenaarwetenskap en Wiskunde by NWU te voltooi. Hy betree die wêreld as sagteware ingenieur en word na Duitsland oorgeplaas.Na ses jaar in Europa keer hy terug na Suid-Afrika en is tans woonagtig in Kaapstad, waar hy as ‘n suksesvolle ingenieur by ‘n sagteware maatskappy leiding neem.
Tydens die luisterryke geleentheid is die toppresteerders en leerders wat hul punte die meeste in elke graad verbeter het, die Top 10-akademiese leerders en vakpryswenners aangekondig en akademiese kleuretoekennings gemaak.
GRAAD 8
Beste Verbetering – Carli Eybers.
Toppresteerder – Kayla Scheepers.
Erekleure – Kayla Scheepers.
GRAAD 9
Beste Verbetering – Tristan van der Westhuizen.
Toppresteerder – Zanné Brückner.
GRAAD 10
Beste Verbetering – Xander Ayres.
Toppresteerder – Annelien Vlok.
Erekleure – Leané J van Rensburg en Annelien Vlok.
GRAAD 11
Beste Verbetering – Henno Davel.
Toppresteerder – Wijtske Fourie.
Erekleure – Joshua Buijs, Carla Pienaar, Cara Meyer, Mia Bosman, Michal Richter, Kyla Bosman, Mia Pienaar en Wijtske Fourie.
GRAAD 12
Beste Verbetering – Sulé-ka du Toit.
Toppresteerder – Gizelle Lourens: MLIT en Leonie Joubert: MATH.
Erekleure – Chiné Beeslaar, Jayden van Noordwyk, Cherize Combrinck en Leonie Joubert.
Die volgende spesiale toekennings is aan die gr.12’s gemaak:
Leerlingbestuurskomiteelid van die jaar (dogter) – Zelma Böhmer.
Leerlingbestuurskomiteelid van die jaar (seun) – Jaco van Wyk.
Veelsydigste matrikulant (dogter) – Cherize Combrinck.
Veelsydigste matrikulant (seun) – Ju-AndréVlok.
Wennerstrofee – Jean Koekemoer.
Benewens die akademiese toekennings is die nuwe hoof- en onderleiers van die koshuis en skool aangekondig. Baie geluk aan hierdie leerders, wat volgende jaar voor sal loop. Ons bid julle God se wysheid in julle amptermyn toe.
Skoolleiers (Onderhoofdogters):
Charissa Volschenk
Kyla Bosman
Koshuisleiers (Onderhoofdogters):
Charissa Volschenk
Mia Bosman
Skoolleiers (Onderhoofseuns):
Johua Buijs
Jaco Smit
Koshuisleiers (Onderhoofseuns):
Wian de Villiers
Jaco Smit
Skool Presidente (hoofleier dogter) – Mia Pienaar
Koshuis Presidente (hoofleier dogter) – Mia Pienaar
Skool President – Christian Rix
Koshuis President – Christian Rix
Baie geluk aan elke pryswenner. Hoërskool Pionier is saam met julle ouers en gesinslede trots op jul harde werk, deursettingsvermoë en prestasies op akademiese- en leierskapgebied. Baie dankie aan elke donateur wie se ruim skenkings bygedra het dat hydride besondere groep leerders ook op tasbare wyse beloon kon word.
KERSSANGDIENS
Pionier het Vrydag, 24 Oktober, ‘n Kerssangdiens gehou. Dankie aan die gr.9’s, wat ons weer herinner het waaroor Kersfees eintlik gaan, nl. Die geboorte van Jesus Christus: Ivoné Lombard, Mignon Theron, Anika van Niekerk en Gysbert Potgieter.
OP DIE KALENDER
Eksamen vanaf Dinsdag, 28 Oktober 2025. Baie sterkte aan elke leerder.
ALSO READ: Pionier vier toppresteerders tydens 2025-toekenningsaand
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



