SchoolsVryheid Herald

Pionier-skuts blink uit by KZN-interskole in Durban

Pionier-skuts behaal talle podiumplekke, terwyl leerders ook in ruitersport en landloop uitblink. Meta-beskrywing

Die Pionier-skuts het aan die KZN-interskole-byeenkoms op 14 en 15 Augustus in Durban deelgeneem, en die volgende prestasies is behaal:

In die 3P-kategorie: Wian Kotze ’n eerste plek vir die o/14 in veerklas, Freddie Stoffberg ’n tweede plek vir o/14 in sporterklas, Maarten Grobbelaar ’n eerste plek vir o/16 in veerklas, Zandré Richards ’n tweede plek vir o/16 in sporterklas en Nash Olivier ’n eerste plek vir o/16 in sporterklas.

In die 10 m staan: Lizaan Jansen ’n derde plek in veerklas, Phillipp Eybers ’n tweede plek in veerklas, Maarten Grobbelaar ’n eerste plek in veerklas en Nash Olivier ’n tweede plek in die sporterklas.

Sterk individuele prestasies

Vir die byeenkoms as geheel: Wian Kotze ’n eerste plek in die o/14 veerklas, Freddie Stoffberg ’n tweede plek in die o/14 sporterklas, Maarten Grobbelaar ’n eerste plek in die o/16 veerklas, Zandré Richards ’n tweede plek in die o/16 sporterklas, Nash Olivier ’n eerste plek in die o/16 sporterklas.

In die individuele klas: Maarten Grobbelaar ’n eerste plek vir die veerklas, Zandré Richards ’n derde plek vir die sporterklas en Nash Olivier ’n tweede plek vir die sporterklas.

Pionier-spanne presteer

In spanverband: Maarten Grobbelaar, Phillipp Eybers en Wian Kotze ’n eerste plek vir die o/16-algehele span, asook die tweede plek vir die skolespan in die veerklas; Markus Erasmus, Nash Olivier en Zandré Richards behaal ’n eerste plek vir die o/16-algehele span, asook die tweede plek vir die skolespan in die sporterklas.

Nege skuts verkies tot KZN-span

Baie geluk aan die volgende skuts wat tot die KZN-span verkies is: Nash Olivier, Zandré Richards, Lizaan Jansen, Maarten Grobbelaar, Phillipp Eybers, Diané Barnard, Joelle Nel, Freddie Stoffberg en Wian Kotze.

Annebell blink uit in ruitersport

In die ruitersport het Annebell van der Linde uitstekend presteer. Sy het ’n eerste plek in die Cumulus SANESA-groep behaal, asook ’n eerste plek in Vlak 3 Prince Charles-SAWMGA. Sy het verder ’n tweede plek in Vlak 4 Cumulus behaal. Annebell is ook aangewys as die algehele wenner van Cumulus en het ’n vyfde plek in die Prince Charles-afdeling behaal. Haar besonderse puik prestasies is ’n bron van trots vir Hoërskool Pionier.

Jandri ingesluit in KZN-landloopspan

Baie geluk aan Jandri van Zyl wat in die landloop KZN B-span ingesluit is. Pionier is trots op jou.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button