BlogsDie WoestynrotOpinion

“ʼn Ander naam, asseblief meneer…”

“‘n Kollega sê nou net aan my dat ons moet vir ‘n ander naam soek. Hy sê dat ons moet werk aan ‘n post-ANC identiteit in Suid-Afrika, wat na ons almal verwys. In antwoord op die onvermydelike vraag laat weet hy dat die Boere ‘n historiese konnotasie het, en dat nie almal Afrikaners is nie. …

“‘n Kollega sê nou net aan my dat ons moet vir ‘n ander naam soek. Hy sê dat ons moet werk aan ‘n post-ANC identiteit in Suid-Afrika, wat na ons almal verwys. In antwoord op die onvermydelike vraag laat weet hy dat die Boere ‘n historiese konnotasie het, en dat nie almal Afrikaners is nie.
Op ‘n volgende vraag laat weet hy dat ons moet wegbeweeg van die disfunksionele wêreld waarin ons ons vandag bevind, en die land stukkie vir stukkie begin regmaak.
Ek dink dadelik slaggate, maar hy sê nee.
Hy sê ons moet eers begin by die huidige kultuur dat van die die deursnee Suid-Afrikaner dat dit maar okay is dat alles stukkend is, en dat niks werk nie. Hierdie ding dat ons maar net aan die keiser betaal wat hom toekom, is iets wat ons sal moet beginne na kyk.
Wat kom die keiser toe…? Munisipale belastings, alle soorte takse en heffings, en die peperduur petrol waaarmee ons vandag iets mee moet doen?
Daar is iewers ‘n groot gat waar bitterlik baie geld in verdwyn, en niks kom weer daaruit nie.
Daar is enkele munisipaliteite in die land wat deur hulle inwoners doodgesmoor word deur belastings te weerhou, daar is selfs een of twee dorpsraadsvergaderings wat al deur inwoners onderbreek is omdat dit net eenvoudig nie meer in diens van die dorp of stad geskied nie.
Bid jou aan. Salarisse van miljoene Rande per jaar.
Miljoenersvoertuie wat driekeer die prys van my huis kos, en dan beland dit nog ‘n paar keer per jaar in werkswinkels, waar skade weer reggetoor moet word met geld wat die bestuurders nie self betaal nie.
Voertuie wat namens die mense moet werk, maar word vir privaatdoeleindes aangewend teen ‘n skrikwekkende tempo. En spoed. Partykeer.
Politieke aanstellings en kaderontplooing is besig om hierdie land dood te wurg. Nou moet ons half binnekort weer gaan stem hieroor. Sodat dieselfde amptenare en indoenas weer in kantore gaan sit waar hulle kwalik ‘n koerant deurgelees kry. Werk wat nie gedoen word nie, en doodeenvoudig net ignoreer word. Die grootste amptelike beleid vandag is een van ontkenning. Ontken, ontken, ontken. Enige probleem gaan wegraak as jy dit net lank genoeg ontken, miskyk of ignoreer, né…?
Wel, daar is ‘n nuwe generasie probleme aan die grootword, en of hulle net eenvoudig gaan wegraak, is nog ‘n debatteerbare punt. Mense met struggle curriculum vitaes wat onder die indruk verkeer dat hulle op April 27, 1994 ‘n goddellike outoriteit geërf het om te maak wat hulle wil, sonder verantwoording, is besig om die grootste irritasie van die nuwe ‘probleme’ op straat, en ‘n paar oues wat nog iets in die pype oorhet, te raak. Gebrek aan water, gebrek aan skoon omgewings, totale gebrek aan konsiderasie, en ‘n subkultuur van korrupsie met die normale toepassing van enige wetgewing, gaan maak dat daar later geen munisipaliteit of plaaslike owerheid meer oor gaan wees nie.
Dis die ander naam wat ons moet soek. Dit maak nie saak wat ons onsself wil noem nie, maar hierdie naam sal ons eers ‘n plan mee moet maak. Anders gaan nie een van ons binne tien jaar sonder baklei op straat kan verskyn nie…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button