Die petrolliggie en ander vorme van geloof
'n Humoristiese kyk na Suid-Afrikaners se ewige stryd met die petrolliggie.
Daar is twee soorte mense in die wêreld.
Die eerste groep maak vol sodra die petrolmeter op ‘n kwart staan. Hulle is organised. Hulle hou nie van surprises nie. Hulle budget waarskynlik op Excel en het heel moontlik reeds Kersgeskenke gekoop voordat Halloween eers verby is.
En dan is daar die res van ons.
Ons sien daai petrolliggie aangaan en dink: “Ag, I’m still good.”
Die petrolliggie is mos net ‘n uitdaging
Dis amper asof daai liggie nie ‘n warning is nie, maar ‘n challenge.Skielik verander elke bestuurder in ‘n fuel expert. Jy begin somme maak wat jy op skool nooit kon doen nie.
“Die liggie het nou eers aangegaan. Ek ry gewoonlik nog so 50 kilometer. Die garage is net 18 kilometer weg. Easy.”
Gebaseer op watter wetenskap? Niemand weet nie.
Dan begin die self-negotiation.
“Ek sal môre vol maak.”
Môre kom.
“Ag, ek ry net gou winkel toe.”
Toe net gou werk toe.
Toe net gou die kinders oplaai.
Toe net gou iemand gaan aflaai.
Toe net gou “een vinnige draai”.
En voor jy jou oë uitvee, is daai môre al drie dae oud.
Die wetenskap van petrol spaar
Nou weet ek nie van julle nie, maar ek is convinced die kar ry verder as die radio af is. Of die aircon nie aan is nie. Of as jy baie stadig wegtrek by ‘n robot.
Dis asof die kar vir jou gaan sê:
“Well done! Jy het petrol gespaar. Hier’s nog tien kilometer verniet.”
Die langste rooi robot in Suid-Afrika
Toe gebeur dit.
Jy sien die garage.
Daai beautiful garage.
Jy kan hom amper ruik.
Maar tussen jou en die pomp is…
‘n Robot.
Rooi.
Natuurlik.
Die langste rooi robot in Suid-Afrika.
Jy sit doodstil en kyk hoe daai petrolliggie vir jou wink. Ek sweer hy begin vinniger flikker net om jou anxiety nog ‘n bietjie op te jaag.
En skielik begin jy overthink.
“Het die enjin nog altyd so geklink?”
“Was daai ‘n hik?”
“Hoekom voel dit of die kar nou stadiger ry?”
Die waarheid is, die kar klink waarskynlik presies soos gister.
Maar vandag hoor jy elke geluid.
Selfs die flikkerlig klink stressed.
Die duurste deel van die rit
Uiteindelik draai jy by die garage in met daai gevoel van:
“Yes! I made it!”
Jy klim uit soos iemand wat pas die Dakar Rally gewen het.
Effens trots op jouself.
Toe swipe jy jou kaart.
En dis toe dat die regte trauma begin.
Jy kyk eers na die skerm.
Dan na die pomp.
Dan weer na die skerm.
Net om seker te maak hulle het nie per ongeluk die petrol vir die hele garage op jóú rekening gesit nie.
Skielik wens jy amper die kar hét gaan staan.
Dan kon jy ten minste gesê het daar was ‘n goeie rede vir al die drama.
Maar nee.
Jy het dit gemaak.
En nou is jy ‘n paar rand armer vir die privilege.
Ons almal moet soms refill
Ons almal ry partykeer op fumes, hoop en goeie bedoelings. En of dit nou jou kar, jou bankrekening of sommer net jou energie is… uiteindelik gaan jy moet stop en refill.
It is what it is.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



