BlogsDie WoestynrotOpinion

“As man loop val, ga jy moet opstaan, anners kommie honde jou by…”

My pa het altyd gesê dat ‘n man bepaalde pligte het wat hy by verstek kry. Jou Windows-rekenaar sou dit as ‘by default’ vertaal het. ‘n Man moet na homself kyk, en hy moet na sy mense en sy familie kyk. Dan moet hy sy huis en haard oppas, en hy moet sorg dat hy …

My pa het altyd gesê dat ‘n man bepaalde pligte het wat hy by verstek kry. Jou Windows-rekenaar sou dit as ‘by default’ vertaal het. ‘n Man moet na homself kyk, en hy moet na sy mense en sy familie kyk. Dan moet hy sy huis en haard oppas, en hy moet sorg dat hy nie ‘n sleg moer word wat deur ander mense kosgegee moet word nie.
Ek dink nou bepaald aan ou Niekie, Gert Snorre se maat, wat saam met hom karre by die Toerisme-kantoor opgepas het.
Ek weet nie eers of die arme bokker nog leef nie, want ou Gert het gesê hulle het hom doodgesteek in die Transvaal ergens, maar die storie het ook maar verander soos wat die dagtempertauur gestyg het. En dan het ou Gert ook ‘n goedgeleerde dorsie gehad in daardie dae…
Ou Niekie het altyd ‘n manier gehad om my te stop as ek in die omte verskyn het. Hy het dan gewoonlik ‘n geldjie kom skollie, met die verskriklikste stories; eers het ‘n lorrie sy vrou se suster omgery in Pelindaba, en nou moet hy krabbel vir ‘n transportgeldjie, maar net so twee ure later moet hy na sy vrou se begrafnis in Bethal gaan, en hy kort nog net so R20 vir taxi, asseblief tog, oubaas.
Ou Niekie se strontstories wat hy so opgedis het, het hom gewoonlik van die wal af die sloot ingehelp. Ek het na ons eerste kennismaking net altyd gesê, “Nie vandag nie, ou Niekie, jou ou bokker.”
Dan was daar die man en vrou wat met ‘n kind op die heup loop en bedel het, en op mense se goedgelowigheid staatgemaak het. Ek het op meer as een geleentheid ‘n jong kind gesien wat so op die Dundee Boulevard se parkeerterrein loop en bedel, en dan, as sy waarskynlik dan ‘n paar rand het, gaan rapporteer sy by ‘n volwasse vrou wat by die parkeeringang, wat dan die geld vat by haar.
Skreiende uitbuiting van kinders wat op skool moet wees, maar ja, soos die tuinier gesê het, times are tough……
Verdere verhale van Barmhartige Samaritane wat sulke verstotelinge en uitskoppelinge opgetel en huis toe geneem het, wat dan skandalig deur die mense beroof is, het ook op die oppervlakte begin verskyn.
Mooi seun, skoon gesiggie, vat hom huis toe, want jy glo sy storie, en twee ure, of selfs ‘n week later, loop hy met jou bakkie en R60 000 se kontant weg.
Dan het jy mense wat by ‘n kwekery instap, sommer so op die ingewing van die oomblik, en R40 000 se plante koop. Iewers het die balans van die lewe bietjie skeefgetrek geraak, en jy sien dit nérens beter as in ons samelewings, veral na 1994.
Met my tuinier, oor die laaste vier jaar wat hy by my gewerk het, het twee elektriese figuursae, heelwat swaar stukke gereedskap, soos groot tange en hamers, en somaar heelwat buise gom, sweisstawe en silikoon net ‘verdwyn.’ En niemand weet waar dit is nie. Anghaaz.
Nou, daai hond byt man net een keer, en dan kyk jy maar na jouself. Dis nogal jammer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button