LettersOpinion

Baie besonderse maniere

Mevrou – My dogter wat ook in Newcastle woonagtig is, vertel aan ons tydens ‘n besoek, dat haar buurvrou haar motor uit die se erf uit bestuur op ‘n baie besonderse manier. Sy skuur die voertuig teen haar hek uit tot sy in die straat is. en dat die buurvrou dan sommer aan die verkeerde …

Mevrou – My dogter wat ook in Newcastle woonagtig is, vertel aan ons tydens ‘n besoek, dat haar buurvrou haar motor uit die se erf uit bestuur op ‘n baie besonderse manier.

Sy skuur die voertuig teen haar hek uit tot sy in die straat is. en dat die buurvrou dan sommer aan die verkeerde kant van die straat verder aanry. Aag wat, sy gaan seker net gou-gou na die nabygeleë supermark en hopelik sal sy nie nog ‘n voertuig soontoe teëkom nie?

So wat maak die skraap aan die motor saak? Daar is seker nog ‘n paar skrapies deur die hek veroorsaak aan haar motor, en duidelik gee niemand om daaroor nie. Ag ja, en toe, die supermark of waarheen sy ook oppad was, was seker nie te ver nie, miskien net om die draai en dan so ‘n entjie tot by die besigste plek op sommige tye van die dag!

Maar om aan die verkeerde kant van die pad te bestuur en dit nadat jy jou motor uitbestuur het teen die hek! Dit is darem verregaande! Eerstens moet jy die voertuig vorentoe ry en dan weer ‘n probeerslag uit die hek na agter probeer!

Hierdie buurvrou het duidelik nie ‘n lisensie nie, en weet tot vandag toe nie dat jy aan die linkerkant van die paaie in Suid Afrika moet bestuur nie! Of duidelik het sy ‘n kappie of paar agter die blad ingehad! Dit is wat ek noem; kom ons speel weer kaskarretjies! Dit is mos lekker tye daai gewees! Geen reëls, enige plek in die pad!

Ek dink wanneer mens so iets gadeslaan, jy dit dadelik moet aanmeld terwille van onskuldige slagoffers wat dalk baie seer kan kry op so ‘n motor se pad. Dan wonder ek hoe vinnig was haar spoed.

Gaatzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button