LettersOpinion

Newcastle: Pasop!

Mevrou – Vandag moet ek aan al wat ‘n mens is die dag wat ek al wat lewe moet waarsku. Tot dusver het ek nog nie misdaad aan aan my lyf gevoel nie. Wel, nie fisiek nie. Helaas kry ‘n mens die gevoel dat misdaad al nader begin kring. As jy die koerant lees, is …

Mevrou – Vandag moet ek aan al wat ‘n mens is die dag wat ek al wat lewe moet waarsku.

Tot dusver het ek nog nie misdaad aan aan my lyf gevoel nie. Wel, nie fisiek nie. Helaas kry ‘n mens die gevoel dat misdaad al nader begin kring. As jy die koerant lees, is die hartseer so erg dat dit voel of dit jyself is wat deurgeloop het.

Hierdie week het ek regtig gevoel wat ‘n ander mens aan jou kan doen, dat jy die angs en hulpeloosheid voel wat ander wat al statistiek geword het, voel. Fisiek voel.

Ek is ‘n middeljarige vrou wat gelukkig te alle tye voorbereid is teen enige misdaad. Al wat jy moet doen is om daadwerklik om jou te kyk wat aangaan.

Hou mense om jou dop, en glo my, selfs die vriendelikste persoon kan die psigopaat wees wat geen gevoel vir sy naaste het nie.

‘n Man wat voor my by die ATM was, het baie vriendelik aan my beduie dat ek maar eerste my transaksie kan doen. En het geweier en aan hom gesê hy was eerste daar, so hy moet sy beurt eerste kry. Ek het die man so gestaan en bekyk en gedink dat hy darem baie luidkeels en vrolik was.

Toe ek by die teller staan het ek eers omgekyk en tot my verbasing het dieselfde man terugbeweeg tot by my en baie vinnig aan my verduidelik wat ek volgende moet inpin.

Ek het hom met my arm gekeer en gesê ek kan die transaksie self doen, dankie. Hy het egter bly praat, baie vinnig gepraat en gedurig op die sleutelbord bly wys en selfs transaksies ingepin!

Ek het onmiddelik die kanselleer knoppie gedruk en hom gesê hy moet weg, ek sal self. Hy was soos ‘n eend met water op sy rug.

Gedurig het hy gewys na my pin nommer wat ek nou moet inpin. My kaartjie wou nie uitkom nie. Hy het dit op ‘n manier gekeer om te kanselleer, hoe sal ek nie weet nie.

Ek het na die ander mense om ons gekyk wat doodeenvoudig daar gestaan het sonder om te besef dat hierdie man besig was met die een of ander ‘scam’.

Teen hierdie tyd was ek al woedend. Die man het Engels gepraat met ‘n duidelike streeksaksent. Ek het toe baie hard en duidelik aan hom gesê dat ek my besigheid self kan doen. Hy het toe sy hande in die lug gegooi asof ek onnosel is. Hy wou maar net help! Hy het op sy vrolike manier gelag en kopskuddend weggeloop toe ek so hard praat en sê dat ek weet wat ek doen.

Ek het weer die kanselleer-knoppie gedruk en nadat ek seker gemaak het of alles in orde is op my rekening, het ek op my tyd my geld getrek en na my wederhelf wat vir my in die poskantoor gewag het, onbewus wat aan die gang was, gegaan.

My man sê vir my ek moes luidkeels skree en aandag trek van ander. Hierdie man het egter my aandag heeltyd by die ATM gehou sodat ek dit nie kon doen nie.

So pasop, selfs by supermakte en besighede waar baie mense is, is hulle, op die uitkyk vir iemand wat hulpeloos lyk en nie kan terugbaklei nie. En pasop, hulle lyk so onskuldig en vriendelik dat botter nie in hulle mond kan smelt nie!

Bella Bonzi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button