BlogsDie WoestynrotOpinion

Whisky, enkelmalt, en nog ander stadige dinge, dankie

Nou ja, wat sal ons nou sê…? Tyd vir grotere dinge. Ek sien ‘n verhoor aankom. ‘n Krygsraad, om presies te wees. Die sameroeper-streep-aanklaer in die krygsraad gaan Paul Garner wees. Daar sal twee verdagtes-streep-aangeklaagdes wees, die een sal Frederick Augustus Thesiger wees, en die ander een William Anthony Durnford. Jy sal merk dat hulle …

Nou ja, wat sal ons nou sê…? Tyd vir grotere dinge. Ek sien ‘n verhoor aankom. ‘n Krygsraad, om presies te wees. Die sameroeper-streep-aanklaer in die krygsraad gaan Paul Garner wees. Daar sal twee verdagtes-streep-aangeklaagdes wees, die een sal Frederick Augustus Thesiger wees, en die ander een William Anthony Durnford.
Jy sal merk dat hulle van rang ontneem is. Dit sal weer aangespreek word na die verhoor. Sal hulle in ere herstel word, of nie…? Wie gaan die Voorsittende Beampte van hierdie Krygsraad wees..? Op hierdie stadium is daar ‘n paar moontlike voorstelle. Dit sal een van die here Anthony Coleman of Evan Jones wees, en die lid vir die verdediging lyk op hierdie stadium na RSM Ken Gillings.
Die ander lede en assessore van die hof is die here Pat Rundgren, Michael Nel en luitenante Charles d’Aguilar Pope en Frederick Godwen-Austen. Die hofverrigtinge is nie in camera nie, en daar word verwag dat die meeste van die eerste bataljon se lede daar gaan wees.
Getuies vir die vervolging sal waarskynlik elke luitenant in die Eerste Bataljon wees, al die onderoffisiere en elke soldaat wat sy pad kon vind om by die saak uit te kom, asook elke lid van die Zoeloeleër wat teenwoordig was ten tye van die voorval wat tans onder dispuut is.
Getuies vir die verdediging sal waarskynlik net Majoor Cleary en kolonel Crealock wees. Die sekretaris van die hof sal waarskynlik die heer Terence Worley wees, en daar word verwag dat hy sy hande vol gaan hê om al die partye uit mekaar se hare te gaan hou. Spesiale getuies vir die vervolging behoort President Paul Kruger en Andries Hendrik Potgieter te wees. Die enigste waarnemer gaan Cetshwayo kaMpande wees, en hy sal vergesel word van uShaka kaSenzagakhona en Wilfred Mchunu.
Stel jouself voor. Hierdie krygsraad ten tye van Talana Live….
Dundee is bepaald bekend as die Hart van die Slagvelde. Veteraanjoernaliste soos Denis Beckett het geskryf dat Dundee kan eet op toerisme alleen. Tot en met die jaar 2009 het slagveldgidse soos ek byna elke dag ‘n toer na die slagvelde gelei, en ons het ‘n tier onder die leiband gehad. Toe kom Wêreldsokker 2010, wit olifante en onbetaalbare rekeninge, Nkandla-styl, wat later met die MEC se “war chest” aangevul word, en getalle begin daal. Soveel so dat ons per maer jaar op maar jaar byna net soveel toere doen as wat ons destyds per maand gedoen het. Is die slagvelde uitgedien….? Is die wêreld gatvol vir ons…?
Wat gaan ons daaraan doen…?
Watter aanpassings gaan ons aan ons produk doen, en wat gaan ons doen om te verseker dat iets soos Talana Live..! een van die premiumaanbiedinge van die jaar in hierdie provinsie kan word….?
Daar is reeds woelinge in die donker gange,maar dis tyd vir ‘n kopskuif. ‘n Groot kopskuif. Ons kan nie langer op ons vorige mylpale staatmaak nie.
Die doelnette het geskuif, en dis tyd dat daar brood-en-botter-opsies op die tafel gesit word. Nou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button