BlogsDie WoestynrotEditor's choiceEditor's noteOpinion

Ons steel vegvliegtuie en vang haaie met duikbote

Dinge gaan hier nou so lekker ek bly sommer nog ‘n naweek. Ons klomp outoppies wat destyds in die weermag was, het ‘n organisasie agtergelaat wat in vele kringe as een van die tien bestes in die wêreld beskou was. Maar, ja, toe vang die Groot Uhuru ons, en meeste van ons gaan word Dros-eienaars, …

Dinge gaan hier nou so lekker ek bly sommer nog ‘n naweek.
Ons klomp outoppies wat destyds in die weermag was, het ‘n organisasie agtergelaat wat in vele kringe as een van die tien bestes in die wêreld beskou was. Maar, ja, toe vang die Groot Uhuru ons, en meeste van ons gaan word Dros-eienaars, privaatspeurders, privaat militêre kontrakteurs, sweisers en karwagte.
Man, kêrels, ons was darem bleddie goed. Ons het elkeen met ‘n Cheetah, Harvard en Mirage onder ons blaaie uitgeloop die dag toe die pakket voor ons deure geparkeer was. Ek het gou-gou om die hoek gesluip, die eerste Harvard wat ek gesien het, opgestart, en weggevlieg met hom.
En jou wragtag, daar sê die edele minsteres van verdediging vanoggend dieselfde ding. Bleddie hel, sou sy my gesien het…..?
Die Bowman se vrou skel hom vandag nog oor die bleddie Impala wat hy onder in die jaart gepark het. Die ding vergader stof, en sy sê haar weglê-hennetjies maak nou nes in die ding se droptenks wat hy nog aan het.
Dis nie al nie.
My vrou is al net so gatvol vir daai draadkar wat ek voor die kombuisdeur gepark het. Elke môre as sy moet uithardloop om die leeumannetjie terug in die hok te gaan sit, dan kap sy haar kop teen die draadkar se rotorlemme wat so afhang soos wilgerboomtakke. Ek sien daar is nou ‘n perdebynes op die ding se masjiengeweer.
Die Tarentaal is ook in sy noppies. Nadat die ministeres se kleinkinders mos nou sy Jeep die ekonomie in gehersirkuleer het, vlieg hy nou die heel tyd rond met sy Puma.
Daai ou vliegboks se deur het lankal afgedonner, so hy sit nou maar so voete uit innie deur as sy ou ghibbes hom werk toe vlieg met die rammelkas.
Die ou is mos so effe stadig nadat daai klomp kwakke van Een Mil met hom klaar was. Dalk sy gearboks uitgehaal vir al wat ons weet.
As Antie Tarentaal daai ding hier voor die shop kom land, dan hardloop al wat bek en pote is weg, want hulle skrik hulle gatte af.
Selfs die karwagte vlug gillend die heuwels in. En jy kan nie eers die polieste bel nie, wnt hulle hol heel voor.
En elke keer as die Bowman met sy Impala laag oor die dakke kom skeur, dan word die spoke daar by die Bokryers wakker, die dominee skrik sy melkie uit sy tee uit, en die Tarentaal dag die hemele maak oop.
En toe word ons duikbote “shark deterrents.”
Want, jy sien, duikbote is groter as haaie, en daar is haaie in die water, so die comrades moet met duikbote die water ingaan.
Hulle bootdrywers ry elke keer vir Robbeneiland raak, want daar is nie karwagte wat beduie nie, en die wat nie uit die dokke uitkom, se mainsswietse trip as die manne ‘n lead uitgooi land toe om koffie te maak vir die wag.
Neffens my begin ‘n bosprediker sy Bing Crosby-ding doen.
Hadeda’s vlieg in my vensters vas, en iewers in die Uniegeboue begin ‘n spook te loop.
Mens kan net nie meer al hierdie goed opmaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button