BlogsDie WoestynrotOpinion

My ruimtetuig en jou knipmes, dan maak ons die wêreld mak

Ek het aan die een punt van die kroegtoonbank in die Curry Parlour gesit en die manne dopgehou. Geen youngsters hier nie. Meeste van hierdie manne het al ‘n paadjie geloop waar die kilometers in sweet – of bloed – uitgetel was. Die robuuste gespot met Flippie “The Fingers” toe hy besef het hy het …

Ek het aan die een punt van die kroegtoonbank in die Curry Parlour gesit en die manne dopgehou.
Geen youngsters hier nie. Meeste van hierdie manne het al ‘n paadjie geloop waar die kilometers in sweet – of bloed – uitgetel was. Die robuuste gespot met Flippie “The Fingers” toe hy besef het hy het ‘n kolonel geword, en ou Jakes “The Fixer,” wat hoenderbene in my baard wil soek, is deel van die sout en peper.
Almal van ons het al meer as ‘n paar myle gestap. Ou Dev “The Master of Ceremonies,” en eienaar van die plek, se gryshare en effensbaardjie toon sy statuur aan. Terry (hy haat dit as mens hom Terence noem) “The Bowman”, is vriend, redakteur, klankbord en mede-griffelaar.
Kevin “The Undertaker” sal iewers dieper in sit met sy groot erdebierbeker. Hy praat nie baie nie, en kyk graag Dstv op Dev se groen beeldradio. So met verloop van die dae sal daar mede-trappers en reisigers ingewaai kom, soos Mike “The Move”, wat deesdae meer van ‘n ekstreme ablusiewerktuigkundige met ‘n rooi bakkie is. Partykeer verbeel hy homself hy is ‘n diepsee-visserman.
Hy wil gaan visvang waar mense nog nie geloop het nie. Rondom die periferie hang daar ‘n magistraat en verskeie Bafana Bafana-ondersteuners rond. Soms kom skuif daar ‘n rooigebrande boer in vir ‘n vinnige dop. Minder dan dikwels sal jy ‘n deurloper sien wat net kom slaapplek soek het in Dundee, en homself dan gewoonlik uit die middelpunt van gedruis verskuif na ‘n donkerige hoekie waar hy hoop hy onsigbaar is.
Eenkeer was daar wragtag ook ‘n groot Rekkie gewees. Hy het nie veel gepraat nie, en het net die regte inligting verskaf. Wat genoeg vir ons was. Dan is daar die gewone versameling aptekers, padbouers, hekpaalverwers, kuikentelers en doringboomplanters wat hulle ruimtetuig se afstandsbeheer weer kon kry nadat hulle hom ‘n paar jaar gelede iewers parkeer het.
Ek wil nie van die CIA-agente en amateur radio-operateurs vergeet nie, maar die manne het na elke bier ‘n ander naam, wat dit nogal moeilik maak. Die treindrywers was nou ‘n bietjie afwesig gewees, want kort nadat die sopkombuis daar by Victoria Gardens hulle spore opgetel het om te verkoop vir drankgeld, het hulle nogal moeite gehad om by te bly.
Ons is almal gevaarlike manne, maar ons vrouens en meisies is gevaarliker. Ons is nie die handsomeste bokkers in die land nie, maar ons is Noord-Natalse scalies wat kan stem in enige verkiesing, vuisslaan as dit moet…ons maak ‘clubs’ vinnig skoon as dit moet….en ons kan kyk na mekaar as die situasie dit vereis, en ons weet hoe om hot spots agter ‘n oop vensters met deurskynende verf toe te sprei.
Ons is nerfaf mense wat met safety boots kerk toe gaan, en daar waar ons bly, kom die son nog agter die huise op, want nie een van ons is bang of bewerig nie. Net so effe grys nou. Dundee. Afdopverf en byekorfmense in een dorp, maar ‘n windbebokkerde plek waar hulle jou naam ken.
Sela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button