LettersOpinion

LETTER – Europese Parlement geskok oor stand van landbou in Suid-Afrika

Die afvaardiging het twee plase in die Cullinan-distrik waar plaasaanvalle plaasgevind en ‘n egpaar op hulle plaas vermoor is, besoek

Meneer

Die Europese Parlement, wat bestaan uit 751 verkose lede van die Europese Unie, is geskok oor die omstandighede waaronder boere in Suid-Afrika ‘n bestaan moet maak.

Lede van die Europese Parlement, insluitend ‘n politieke adviseur, asook ‘n Italiaanse joernalis het vandeesweek besoek afgelê aan Suid-Afrika, as gaste van TLU SA. Die doel van die besoek was om hulle te vergewis oor die stand van plaasaanvalle en -moorde, grondonteiening en die geleenthede vir buitelandse belegging.

Die afvaardiging het twee plase in die Cullinan-distrik waar plaasaanvalle plaasgevind en ‘n egpaar op hulle plaas vermoor is, besoek. Deur die nag het hulle deelgeneem aan ‘n plaaswag-patrollie om te verstaan hoe TLU SA se veiligheidstrukture werk en bydra om boere te beveilig.

Danilo Lancini, wat die buitelandse afvaardiging gelei het, het sy skok oor die situasie rakende landbou in Suid-Afrika gedeel. Hy kon kwalik sy ongeloof beteuel oor die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om boere te beskerm, die ekonomie te groei en beleggers te lok.

Lancini het sy hoop uitgespreek dat die Europese Parlement na afloop van die Suid-Afrikaanse verkiesing in Mei, druk op die regering sal uitoefen om dringend aandag te skenk aan hierdie kwessies.

Ons is baie tevrede oor die verloop van die ontmoeting,” sê Louis Meintjies, die President van TLU SA. “Met hierdie aksie het ons, ons goeie bande met Europa versterk. Dit is deel van ons internasionale veldtog vir steun en druk uit die buiteland om landbou en boere in Suid-Afrika te beskerm. TLU SA is reeds die afgelope dekade doenig met hierdie veldtog

Herman de Wet
TLU – Dundee

 


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.
A
dd us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button