LettersOpinion

Baie dankie aan SAPS Newcastle vir hulle puik diens

Met sulke lede in die Polisie sien ek weer kans vir die toekoms en weet ek dat ons polisiemag ‘n mag is om op trots te wees!

Mevrou –

Stasie Bevelvoerder Newcastle Tak: hiermee wil ek net baie dankie se vir die Polisie. Ons as mense is baie gou om te kla oor die swakdiens van die Polisie.

Ek het so paar weke terug ‘n probleem gehad en het die Polisie geskakel. Ek het met Luitenant Kolonel Annemarie van Staden asook Luitenant Kolonel Anton Ackerman gepraat en om hulp gevra. Hulle was uiters profesioneel en het my van goeie raad voorsien. Ek het al ‘n paar keer van hulle diens gebruik gemaak en se baie dankie vir julle puik diens!

Hulle het toe vir Konstabel Hlongwane en Konstabel Nkosi gestuur om my bytestaan. Van die oomblik wat ek hulle ontmoet het, het hulle uit hulle pad gegaan om my bytestaan. Hulle was uiters profesioneel. Hulle het naderhand vir “Spook”-Adjudant Offisier Marais geskakel het om nog raad te kry en hy het telefonies met die beskuldige gekommunikeer!

Met sulke lede in die Polisie sien ek weer kans vir die toekoms en weet ek dat ons polisiemag ‘n mag is om op trots te wees!

Weereens baie baie dankie.

MW van den Berg

ALSO READ: Destruction shows mankind is its own worst enemy


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for constant updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button