
Ek weet nie wat dit omtrent die see is nie, maar daar is iets anders, iets wat mense met ‘n mag daarheen trek. Nee ek jok, jy word gesleep! Aan jou ore en tone word jy net daarheen gesleep, of jy nou wil of nie – kicking and screaming! Dit is hoe sterk daardie krag is. En wanneer jy daar is, en jy sien die onstuimigheid van die golwe – kan ek nie verstaan hoe daardie onstuimigheid inteenstelling met my innerlike ontstuimigheid my dan rustig maak nie. Hoe werk dit? Is ek nie veronderstel om ook dan daardie wilde witperdjie-golwe-moedswilligheid in my te voel nie? Inteendeel, daardie woeste wilde waters maak my woeste wilde gemoed stil. Ek wens ek kon daardie gevoel in ‘n bottel bêre, en dit soos ‘n goedvoel ‘drug’ gebruik – ek sal geld soos bossies maak.
En dink net, elke keer wanneer die tiener aanjaag en hy my bloeddruk opjaag, dan kan ek net doodeenvoudig my botteltjie ‘see-gevoel’ uithaal en vir ‘n oomblik ‘Z-E-N-i-f-y’. At least sal hy dan veilig wees, en ek behou my sanity. Onstuimig is een ding, maar ‘n tiener is onstuimig-ste-ste-ste, as ek ‘n oortreffender trap as oortreffend kon kry dan sou ek dit gebruik het. So loop ons mos op die strand, ja ok, dis waar my beach storie en my golwende gemoed en alles bymekaar kom, ons was see toe. Ek wou glad nie terugkom nie – reality sucks. Sou veel eerder nog met my Gin in die hand op die beach wou lê en weer langs Bobby van Jaarsveld staan! Yes, ek het vir Bobby ontmoet en ‘n foto saam met hom geneem – totally starstruck! Hy is beautiful – en ek het gedrool soos ‘n skooldogtertjie met sterre in my hazelnut eyes.
Anyway, kom ek vertel gou vir jou – sal daardie tiener terwyl ek op die strand loop om fotos te neem, my een perfect shot met sy lang seekat-vingers photo-bomb! Ek het dit halfpad verloor op daardie oomblik, en wou hom saam met die haaie gaan laat speel en kyk wie wen. Ek was smoorkwaad! Sy droom was mos juis al van kindsbeen af om vir die Sharks rugby te speel, wel die naweek het hy amper SAAM met die sharks gespeel. Maar anyway, nadat my tsunami van ‘n humeur tot bedaring gekom het en ons terug in die woonstel is, doen hy weer iets wat my hart laat vermurwe – seker maar gatkruip oor sy photobombing, but who cares – ek kry cheap labour. Ek sê vir hom en die halwe tiener dat dit bietjie hulle beurt is om die skottelgoed te was.
Die halwe tiener skop vas, maar die tiener vat HAAR vas en sleep haar wasbak toe. En so in my binneste kry ek so bietjie lekker, want daar is beskuit geëet en die koppies is nie vol water gegooi toe dit in die wasbak gesit is nie. Die tiener moan onophoudelik, want die beskuitkrummels sit soos das&^%… ja, jy weet – daardie woord! En ek kry lekkerrrrrr tot in my siel, want ek preek gereeld dat hulle die koppies moet uitspoel en nie net in die wasbak moet plak nie. Die tiener moan toe natuurlik ook dat ons hopeloos te veel koppies gebruik, en ek lag weer. Want daaroor preek ek ook alewig – moenie elke keer skoon koppies en glase gebruik nie. Murphy, ek like jou – jy sort hierdie tiener en die halwe een binne ‘n naweek uit. Maar nietemin, en daar te veel, hy het my hart sag gemaak, want hy het besef dat die geprekery met rede geskied. Dis mos al wanneer hulle luister en dit is wanneer hulle voel ook. En die pyn van skottelgoedwas, was real! En dit terwyl ons met ‘n kort vakansietjie is – that’s life – it is what it is!
ALSO READ: Road-trip down memory lane

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






