
Indien jy nou al ooit ‘n geskokte tiener en ‘n halwe een gesien het, dan was dit nou die naweek. Die twee se peetouers het bietjie hulle tone hier in Natal kom dip. En ek moet nou net bysê, die rede dat die tante as hul peetma gekies is, is omdat my en haar persoonlikhede skrikwekkend naby aan mekaar is. Ons stemme klink even dieselfde, en ons het in ons jonger dae as ‘n tweeling bekend gestaan, alhoewel sy ‘n hele paar jaar ouer as ek is. Maar terwyl ons so sit en kuier met ‘n glasie genot in die hand, verdwaal ons terug na die verlede. Die Sodom en Gemora dae, sy bly steeds in die land van neonligte, maar ek het jare gelede al daardie elektrone van my voete afgeskud en my tone diep in die plattelandse grond ingewurm. Sal ek eendag weer terugtrek? Maybe… maybe not, who knows. As dit van die halwe tiener afhang, trek ons môre terug stad toe. Sy het hierdie vooropgestelde idee van die wonderlikheid van ‘n stadslewe; van cuppacino’s in ‘n half-verligte vertrek drink tot laataand uitstappies na who knows where. Die buzz van die stad intrigue haar. Maar anyway, ek en die tweeling begin gesels oor ons clubbing dae, van hoe ons 9uur in die aande uitgegaan het om te gaan jol. Ek onthou hoe ons vir ons ‘victims vir die aand’ vertel het van ons ‘haasplaas’ en hoe ons die hase slag om haaspastei te maak en te verkoop. En vergeet nie van hoe ek die pilot van ‘n Cesna is en ekself die hase uitvoer Mauritius toe of na een of ander idiliese plek nie. En natuurlik hang die ‘victims’ aan ons monde en glo elke storie, en die verversings word opgevul want hulle wil nog haas-stories hoor. Dit was ‘n slim strategie en ons het nooit ons eie verversings gekoop nie. Ons moes wel ons stories partykeer aanpas sodat ons nie dieselfde victim tweekeer vang nie. Die tiener en die halwe een hang aan ons lippe – hulle is ook nou victims van ons gegorrel – dis hoe maklik dit is om mense met woorde om jou pinkie te draai. Die halwe tiener is geskok in haar ma en die tweeling se optrede en al die kwansuise skandes van die verlede. Sy trek haar asem so diep in dat ek haar kleintongetjie teen haar verhemelte kan hoor tril. Maar inteendeel, dit was nie skandes nie, ons het onskuldige pret gehad – en die belangrikste van alles is dat dit ons nie ‘n sent gekos het nie. Ag toe nou, relax – moenie vir my vertel dat ons die enigstes is wat ons vroulike kreatiwiteit gebruik het om incentives te kry nie. Vroue doen dit elke liewe dag, gebruik hul looks en vooruitstrewendheid as lok-aas om te kry wat hulle wil hê. Vandag se dames is net bietjie meer ‘fisies-verbaal’ en gebruik nie sulke half gebakte haaspastei-stories soos wat ons gebruik het nie. Maar dis anyway nie vandag meer veilig om die duisternis te betree om te gaan jol nie… dis die sad part van alles, ons was jonk en vol sports en ons het nie een oomblik gevrees dat ons iets kon oorkom nie. Human trafficking was nie ‘n woord daardie tyd nie. Ag, hoe wens ek nie dat ek die tiener en die halwe een die experience kan gee van sorgelose jolling en clubbing dae nie. Maar ongelukkig moet ek heeldag en aldag preek oor veiligheid, nie dat ek hulle bangmaak of praat nie, maar dit is my as ouer se verantwoordelikheid om hulle te waarsku en te knie vir dit wat daar buite mag wag. Die liggie-lewe het ‘n donker muwwerige plek geword, een wat Jik of Dettol nie eens meer sal skoonkry nie, en weereens moet ons maar aanpas soos wat ons aangaan – it is what it is!
ALSO READ: VRYHEID: Ek soek my klipkarretjies terug #computersmustfall
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






