Sarel cricketers mark first Derby Day win in 15 years
Verlede week het graad 9 leerlinge van Sarel Cilliers die Majuba College in Dundee besoek.
Sarel Cilliers High School took on Dundee High School in the annual cricket derby on Thursday. After sending Dundee in to bat first, they managed to put a score of 91 runs on the scoreboard. Sarel went past the score with six wickets in hand after 11 overs and won for the first time in over 15 years against Dundee High School. Congratulations!
Vrydag oggend 18 Augustus vertrek die 1ste span na Pongola Akademie toe om deel te neem in hulle T20 Toernooi. Vier wedstryde word gespeel vanaf Vrydag tot Sondag en met 100% verbetering wen hulle twee uit die vier wedstryde.
Uitslae is as volg:
Verloor teen Vryheid Hoërskool se 1ste Span met 72 lopies. Wen teen Vryheid Landbou met 77 lopies. Wen Pongola Akademie met 61 lopies. Verloor teen Felixton College met 6 paaltjies na ‘n naelbyt wedstryd. ‘n Spesiale woord van geluk aan Willem Husselman wat in vyf agtereenvolgende wedstryde 50 lopies en meer gekolf het. Sy totale telling was 334 lopies en hy het net twee keer sy paaltjie verloor.
Loopbaangeleenthede
Verlede week het graad 9 leerlinge van Sarel Cilliers die Majuba College in Dundee besoek. Die idee was om die kinders wat tegniese vakke wil neem ‘n idee te gee watter loopbaangeleenthede daar is. Janz Potgieter het die volgende te sê:
“Dit was baie insiggewend as jy in ‘n meganiese of elektriese rigting wil gaan. Daar sal altyd werksgeleenthede wees vir ambagsmanne en-vrouens, want in ‘n wêreld waar tegnologie altyd verander sal daar aanvraag wees vir mense om dit te maak en gebruik.
“Die grootste verrassing was dat ons afgeneem is toe ons uit die busse geklim het net om later te hoor ons gaan op televisie wees!
Die regering beoog om 30 000 ambagsmanne op te lei per jaar om die ekenomiese krisis te help afweer. Hierdie mense sal help met infrastruktuur se bou en instandhouding. Dit sal ook help met werkskepping. Leerlinge was verbaas om te hoor sommige ambagte verdien omtrent soveel as ‘n dokter! Die burgemeester van Endumeni het ons toegespreek en aangemoedig om ‘n loopbaan as ambag te oorweeg. Een van die mense wat met ons gepraat het was ‘n vrou. Dit bewys dit enige iemand ‘n ambag kan leer en suksesvol wees.”
Upcoming events
Monday, August 21, is the grade nine career evening in the school hall. All parents and grade nine learners from Sarel are welcome to attend. Thursday, August 24, is the annual Cultural Festival.



