Local sportSport

Binne ‘n uur is al vier vlugte klaar

Vryheid Resiesduifklub sal vir Frikkie Marx dop hou, en glo hy gaan 'n ding of twee uit sy mou nog trek.

Die naweek was weereens ‘n naelbyter, met al die vlugte se duiwe wat naby aan mekaar gekom het.
Leon le Roux het sy eerste wen gevat, maar die klubs kan nie hul twee familiespanne uitlos nie – Ruan en Piet Senekal en Dirk en Mariska Norval, wat wonderlik ook gevlieg het.
Willie Meyers, wat nou ook begin vlieg het, wys klaar wat hy het met sy twee tweede plekke.
Vryheid Resiesduifklub sal vir Frikkie Marx dop hou, en glo hy gaan ‘n ding of twee uit sy mou nog trek.
“Manne, sterkte met die langer vlugte wat kom. Die een is niemand se maar nie – Marblehall!”
Plekke is soos volg:
Vrede (ou duiwe) – 166km: Ruan en Piet Senekal: 1, 4, 5, 13, 19. Frikkie Marx: 2, 3, 6, 17, 21. Willie Meyers: 7, 8, 18. Robin Symes: 9, 10, 11, 12, 14, 15, 16, 20.
Paul Roux (ou duiwe) – 284km: Thomas Narian: 1, 21, 22, 27, 30. Willie Meyers: 2, 20. Pat Human: 3, 4, 6, 13, 24, 25, 26, 28, 29. Robin Symes: 5, 9, 10, 14, 15, 17, 19. Frikkie Marx: 7, 8, 16. Ruan en Piet Senekal: 11, 12, 18, 23.
Vrede (jong duiwe) – 166km: Leon le Roux: 1, 6, 9, 12, 16, 17, 18. Ruan en Piet Senekal: 2, 11, 26, 27. Dirk en Mariska Norval: 3, 4, 5, 7, 8, 19, 22, 29, 30. Robin Symes: 10, 13, 14. Frikkie Marx: 15, 21, 23, 24, 25. Willie Meyers: 20, 28.
Paul Roux (jong duiwe) – 284km: Dirk en Mariska Norval: 1, 4, 8, 11, 12, 18, 24, 25, 26, 27, 28, 29. Willie Meyers: 2, 17. Frikkie Marx: 3, 9, 10, 13, 14, 23. Leon le Roux: 5, 6, 7, 15, 20, 21, 22. Thomas Narian: 16. Ruan en Piet Senekal: 19, 30.

Also read: Vryheid’s ‘athletes of the sky’ take flight

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button