EntertainmentLifestyle

Veels geluk Werner

Werner de Klerk het onlangs ‘n PhD verwerf in Psigologie. Hy het ook ‘n Meestersgraad in Navorsingspsigologie, BA Honneurs in Psigologie en ‘n BA graad. Werner is ‘n navorsingsielkundige en tans senior lektor verbonde aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroom kampus, en dien op die redaksie van ‘n nasionale sielkunde tydskrif. Hy is ook ‘n lid van …

Werner de Klerk het onlangs ‘n PhD verwerf in Psigologie.

Hy het ook ‘n Meestersgraad in Navorsingspsigologie, BA Honneurs in Psigologie en ‘n BA graad.

Werner is ‘n navorsingsielkundige en tans senior lektor verbonde aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroom kampus, en dien op die redaksie van ‘n nasionale sielkunde tydskrif.

Hy is ook ‘n lid van Golden Key International Honour Society en was as wenner aangewys van die eerste SAMRA toekenning vir belowende navorsers.

Verskeie van sy navorsingsartikels is internasionaal gepubliseer en hy tree gereeld op as paneelspreker by nasionale konferensies.

Werner was Hoofseun van Akademie by NHS in 2003.

Dr. de Klerk, jou familie is baie trots op jou en is saam met jou

bly dat die harde pad nou op ‘n einde is.

Die familie bedank graag alle familieledelede, vriende en kollegas wat Werner ondersteun het vanuit hul harte.

“Ons gee al die eer en lof aan ons Hemelse Vader, wie se krag en liefde alles moontlik maak,” sê Os en Irma de Klerk, Werner se ouers.

Geluk!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button