Smullekker skaapdermpies vir die massas
Uitgereik deur Vryheid Louis Harms Koshuis DIE land se grootste skaapdermpiebraai is op Maart 4, op Braunschweiggemeente se kerkgronde aangebied. Hierdie braai is ‘n jaarlikse instelling, wat gehou word ten bate van die Louis Harms Koshuis in Vryheid. Vir diegene wat nie van skaapdermies (matunjanes) hou nie, was daar ‘n verskeidenheid van potjies om van …
Uitgereik deur Vryheid Louis Harms Koshuis
DIE land se grootste skaapdermpiebraai is op Maart 4, op Braunschweiggemeente se kerkgronde aangebied.
Hierdie braai is ‘n jaarlikse instelling, wat gehou word ten bate van die Louis Harms Koshuis in Vryheid. Vir diegene wat nie van skaapdermies (matunjanes) hou nie, was daar ‘n verskeidenheid van potjies om van te kies, met heerlike bykosse.
‘n Koffietuin, snoepie en springkastele het gesorg vir ‘n gesellige atmosfeer. Net toe die vure aangesteek moes word, het ‘n kort, harde reënbui uitgesak. ‘n Uur later het die vure wel warm gebrand, die dermpies is op braaiers gesit en almal se monde het gewater toe die kenmerkende skaapdermpie geure die lug vul.
Toe die eerste krakerige, bros dermpies op die tafels neergesit is, het oud en jonk begin smul aan diè delikatesse. Die meeste mense wat van skaapdermpies hou, is dit eens dat dit die lekkerste en mees “gesonde” manier is om die cholesterol vlakke bietjie op te stoot!
Nog ‘n welkome reënbui het uitgesak toe die laaste besoekers huis toe is.
Die ouers van die Louis Harms Koshuis bedank almal wat hierdie skaapdermpiebraai ondersteun het!




