EntertainmentLifestyle

Liedjies om jou in die Kerfeesgees te kry

Luister hier na 'n paar liedjies om jou in die Kersfeesgees te kry

Kersfees kom al nader en soos elke jaar word die strate, winkelsentrums en huise wêreldwyd helder ingekleur met liefde, vrede en vreugde. Oral waar mens kyk word jy gegroet deur helder flikkerende liggies en klatergoud, wat teen die kersbome opkruip, en soos ons voorberei vir die feesgety sing daar spontaan kersliedere in ons harte.  Gedurende hierdie tyd word ons herinner aan naaste liefde en die wondelike uniekheid van Kersfees in Suid-Afrika met die warm somerson en die reuk van Kersfeesbraaivleisvure in die lug. Hier is ‘n paar Kersliedere om jou en jou geliefdes voor te berei vir die naderende Kersgety.

“Sonneblom uit Bethlehem,” deur Lize Beekman

“Sonneblom uit Bethlehem”  is een van Lize Beekman se gewildste liedjies wat met sagte melodie en Lize se suiwer stem vrede in enige luisteraar se hart plaas.

“Kersfees in Afrika,” deur Chris Chameleon

In hierdie lied van Chris Chameleon, beskryf hy die kleurrykheid van ‘n “Kersfees in Afrika” perfek en mens kan nie anders as om ‘n warm gevoel in die hart te kry, wanneer jy na die lied luister nie.

“Somerkersfees,” Laurika Rauch (Oorspronklik deur Koos du Plessis)

Koos du Plessis is bekend as ‘n briljante sanger en liedjieskrywer wat verantwoordelik was vir van die gewildste en grootste liedjies in Afrikaans. Met hierdie lied skryf (en sing) hy vrede in die harte van alle luisteraars.

“Geskenk uit Bethlehem,” deur Leanie May

Met “Geskenk uit Bethlehem,” herinner Leanie May die luisteraars weer aan die ware betekenis van Kersfees.

“Genade onbeskryflik groot,” deur Romanz

Een van die bekendste en gewidste geestelike liedjies in Afrikaans kry nuwe lewe in Romanz se weergawe van “Genade onbeskryflik groot.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button