FOTOS: Buffelsfontein olie jou baard én jou keel
Die aand was 'n wegholsukses met mense van regoor Newcastle wat die aand om gedans het tot die hane kraai.
Buffelsfontein is sinoniem met hardebaard manne met skerpsinnige bemarkingsvideos en gesofistikeerde smaak en natuurlik baardolie.
Deesdae is dié gewilde handelsnaam ook bekend vir hul toetrede tot die modewêreld, ‘n gewilde restaurant en hul eie bier om die lewer te ‘olie’.
Dié magtige bemarkingsbuffel het nou ook tot in Newcastle gestorm en saterdag kom uitspas by Tree Tops met die bekendstelling van hul nuwe Buffelsfontein Brandewyn.
Oudergewoonte was Tree Tops stampvol Newcastlese kuiergeeste wat in trope op gedaag het om die nuwe brandewyn uit te toets, en die aand om te skoffel in egte Tree Tops (en Buffelsfontein) styl.
Die aand was ‘n wegholsukses met mense van regoor Newcastle wat die aand om gedans het tot die hane kraai.
So trek aan jou vellies, trek nader jou doedie en gaan maak ‘n draai by Tree Tops vir ‘n lekseltjie Buffelsfontein Brandewyn en ‘n aand van pret en plesier; en onthou om jou baard te olie.
‘n Bul wat nie groei nie kry immers nie ‘n koei nie.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za







