Gevalle van hondevergiftiging weer gesien
Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.

Veeartse in Parys waarsku dat gevalle van hondevergiftiging weer gesien word.
Simptome van vergiftiging wissel na gelang van watter gifstof ‘n dier sou inkry, maar kan insluit diarree, braking, skielike swakheid, of selfs rukkings.
Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.
Jy kan geaktiveerde steenkool wat by apteke beskikbaar is as voorsorgmaatreël in geval van nood vir jou troeteldiere in die huis hou.
Die geaktiveerde steenkool help om die gif te absorbeer, en dan uit te skei. Dit help ook om opname van die gif in die dier se lyf te verminder, maar dit is steeds belangrik om dadelik professionele hulp te kry.
Parys Dierehospitaal – Tel. (056) 811 2114Parys Dierekliniek – (056) 811 3313



