Vrystaatse tiener van moord aangekla
Die tienerseun sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.
‘n Tienerseun (16) is op Nuwejaar in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n man (29) tydens ‘n argument buite ‘n kroeg doodgesteek het.
Sersant Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 03:50 na ‘n klagte van ‘n moord naby ‘n kroeg in Puding Tse Rolo ontbied. Met aankoms was ‘n groot groep mense langs ‘n grys VW Polo, met ‘n OVS-registasienommer. ‘n Bloedbesmeerde man met ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek is binne-in die motor aangetref. Hy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.
“Voorlopige ondersoek dui aan die tienerseun en die oorledene het glo ‘n argument langs die voertuig gehad, waarna die man gesteek is. Die verdagte tiener het van die toneel gevlug en is later by sy huis in hegtenis geneem.”
Die tienerseun sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.



