Klere om elke sak te pas
Jy kan klere of skoene waarvoor jy nie meer nut het nie aan die VVA skenk vir die Sakpas-winkel, of maak 'n draai en gaan kyk self watter winskopies jy hier kan losslaan teen bekostigbare pryse.
Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Sakpas-winkel in Middelstraat bied ‘n ruim verskeidenheid van netjiese tweedehandse klere en skoene teen pryse wat elke sak sal pas.
Die Sakpas-klerewinkel help ook om in die klerenood te voorsien van hulle wat minder het en na wie die VVA omsien.
Jy kan klere of skoene waarvoor jy nie meer nut het nie aan die VVA skenk vir die Sakpas-winkel, of maak ‘n draai en gaan kyk self watter winskopies jy hier kan losslaan teen bekostigbare pryse.

Die inkomste van wat by die winkel verkoop word, word weer deur die VVA teruggeploeg in die gemeenskap om te help waar nood is.
Die Sakpas-winkel is oop Maandae tot Vrydae 08:00 tot 15:00, en elke eerste en laaste Saterdag van die maand.




