Local newsNews

Skitter-uitslae vir Hoërskool Parys se matrikulante

Baie geluk aan elkeen van die skool se matrikulante en personeel

Hoërskool Parys se 2024 matriekklas het behoorlik geskitter met uithaler prestasies wat behaal is.

Die skool se top matriekpresteerders is Jadon Smit en Kyla Jardim wat elk sewe vakonderskeidings behaal het.

Ses vakonderskeidings is deur Zak Naudé ingepalm, terwyl Ingemar Fouché en Suré de Swardt elk spog met vyf A’s.

Vier vakonderskeidings elk is behaal deur Deandré Pieterse, Hilke Scheepers, Ananje Steenkamp en Amoré van Tonder, met Yaoundé Litchfield, Nadine Lubbe en Zak Thirion wat elk 3 A’s het.

Die skool se matrikulante van 2024 het ‘n uitmuntende slaagsyfer van 99,1% behaal, ‘n totaal van 81 vakonderskeidings en 66% van sy matrieks wat met universiteitsvrystelling slaag.

Jadon wat vanjaar medies gaan studeer skryf sy sukses daaraan toe dat hy van jongs af die waarde geleer het daarvan om so gefokus te wees  dat niks jou aandag sal aflei van die einddoel nie, soos beskryf  in die boek, Deep Work geskryf deur Cal Newport. Jadon was ook die skool se Dux-leerder vir 2024, net soos sy ma, Annemarie, ‘n oogkundige van Parys, wat ook in haar matriekjaar ‘n toppresteerder van die skool was.

Jadon het homself bewys as iemand met uitsonderlike deursettingsvermoë en veggees ten spyte van ‘n kwaadaardige gewas op sy linkernierarterie  wat op 14 jarige ouderdom ontdek is, en behandeling wat hy steeds deurlopend ontvang.

Kyla skryf haar sukses toe aan baie gebede, deursettingsvermoë, om nooit op te gee nie en te glo in jouself. Sy wil graag tandheelkunde gaan studeer.

Die Vrystaat provinsie spog weer vanjaar met die beste matriekuitslae in die land.

Die Fezile Dabi-distrik waarvan Parys deel is, beklee nie net die eerste plek in die provinsie nie, maar die tweede plek in die land.

Op die foto is Ingemar Fouché, Hilke Scheepers en Deandré Pieterse, met Ananje Steenkamp, Jadon Smit, Suré de Swardt en Kyla Jardim agter.

Desondanks die uitdagings van Covid-10 waarmee die 2024 matrikulante in graad 8 hul hoërskoolloopbaan moes begin, spog 2024 se matrieks met die hoogste matriekslaagsyfer in die land se geskiedenis en die meeste kandidate tot nog toe (337 000) wat met universiteitsvrystelling slaag.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button