Zara die Duitse herdershond wat na elf dae met haar eienaar herenig is nadat sy in 'n oop mangat geval het.
Zara, die Duitse herdershond wat op 15 Januarie in Parys soek geraak het, is Sondagoggend in ‘n oop mangat gekry, in die park regoor die Parys Distrik-hospitaal se hoofingang waar sy 12 dae gelede soek geraak het.
Haar eienaar, Lourens Erasmus, woon naby die park waar hy gereeld gholf oefen met Zara aan sy sy. Die dag van haar verdwyning het sy oudergewoonte die park verken en vir van die honde by huise om die park geblaf het, terwyl hy geoefen het. Dit is toe dat sy in die mangat beland het. Iemand het haar Sondag in die mangat hoor blaf en is uitgehaal.
Ten spyte van haar ontbering is sy ongedeerd.
Lees die volledige berig en foto’s in hierdie week se Gazette.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.