Local newsNews
Rooies en Bloues nael vir ‘n vale
Die foto's gee 'n kykie na die pret en aksie by die laerskool se kleuresportbyeenkoms.

Atletiekkoors het die afgelope week hoog geloop in die dorp. Met die reuk van gebraaide wors wat swaar in die lug gehang het, en die Rooies en Bloues se luidkeelse skree en voete stamp op die pawiljoen, is jy Dinsdagoggend begroet by die laerskool sportgronde waar die atletiekseisoen kleurvol uit die wegspringblokke gekom het vir leerders van Primêre Skool Parys tydens die kleuresportbyeenkoms. Die baanitems is reeds Maandagmiddag afgehandel.
Verlede rydag was dit Hoërskool Parys se Rooi en Blouspanne wat mekaar die stryd aangesê het, en Woensdag is die groter Parys atletiekbyeenkoms vir Hoërskoolatlete gehou.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



