Local news

Troeteldiere wag vir jou liefde by DBV

Dit sluit die huisbesoek, aanneem-fooi, inspuitings en sterilisasie in.

Daar is baie liefdevolle katte en honde by Parys DBV wat wag vir jou om een van hulle aan te neem en ‘n liefdevolle huis te gee.

Hier is hoe jy ‘n diertjie van jou eie kan gaan aanneem:

  • Jy besoek die DBV en kyk watter dier met jou hart praat.
  • Jy vul dan ‘n aansoekvorm in vir die spesifieke troeteldier. Onthou om jou ID-dokument en bewys van adres saam te bring.
  • Jy betaal die aanneem-fooi.
  • Die DBV sal dan ‘n huisbesoek by jou aflê om seker te maak die troeteldier sal veilig in sy omgewing wees.
  • Daarna sal jy goedgekeur word en sal die DBV die hond of kat steriliseer.
  • Sodra jou hondjie of katjie gesteriliseer is, kan jy hom by die DBV oplaai.
  • Kostes om honde aan te neem beloop R1 550 en vir katte is dit R1 000. Dit sluit die huisbesoek, aanneem-fooi, inspuitings en sterilisasie in.

Hoekom moet jy betaal om ‘n dier van die DBV aan te neem?

Onthou dat dit in ooreenstemming met die DBV-beleid daarna streef om dieremishandeling en ongewenste diere te voorkom. Daarom moet honde en katte wat by die DBV aangeneem word, gesteriliseer word. Teen ‘n totale koste van R1 550 vir ‘n hond, of R1 000 vir ‘n kat, kan jy help om een van ons troeteldiervriende ‘n liefdevolle huis te gee. Die fooi is baie goedkoper as wanneer jy jou dier veearts toe moet neem vir sterilisasie, aangesien die DBV ‘n goeie verhouding het met veeartse wat bereid is om die DBV te help. Benewens sterilisasie sluit die koste ontwurming, bosluis- en vlooibehandeling, inenting, die neem van die dier veearts toe en ‘n huisbesoek in om te verseker dat jou nuwe vriend kan aanpas en veilig by jou huis kan wees.

Greatdane tefie, 5 maande oud.
Kat mannetjie, 3 maande oud.
Windhond reun.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button