Senior lid van OPOD vir moord aangekla
Die polisie se provinsie kommissaris in die Vrystaat, Luitenant-Generaal Baile Motswenyane het die ondersoekbeamptes geloof vir hul toewyding en professionaliteit in die hantering van die ondersoek,

Die polisie in die Vrystaat het n deurbraak gemaak met die arrestasie van ‘n senior lid van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) vir die beweerde moord van sy vrou in 2022, het polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle vanmiddag bevestig.
Die 50-jarige Dineo Matlakeng is onder raaiselagtige omstandighede op 20 November 2022 noodlottig gewond tydens ‘n voorval van beweerde huishoudelike geweld in Hillside View, Bloemfontein, sê kapt. Earle. Na ‘n omvattende voorlopige ondersoek is die saak vir beslissing aan die Direktoraat van Openbare Vervolging oorhandig, wat na oorweging van getuienis ‘n lasbrief vir arrestasie van die verdagte uitgereik het om voor die hof te verskyn op klagte van moord met voorbedagte rade.
Die verdagte, Kleinbooi Mote Matlakeng (55) het homself aan die polisie oorgegee en is formeel aangekla, sê kapt. Earle. Hy het reeds in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. die saak is uitgestel tot 24 Maart.
Borgtog van R1 000 is aan Matlakeng toegestaan.
Die polisie se provinsie kommissaris in die Vrystaat, Luitenant-Generaal Baile Motswenyane het die ondersoekbeamptes geloof vir hul toewyding en professionaliteit in die hantering van die ondersoek. Dit is ‘n bewys van die polisie se verbintenis daartoe om reg te laat geskied. het sy gesê.
Die ondersoek duur voort en werk die polisie saam met die Onafhanklike Ondersoek Direktoraat ten opsigte van interne prosesse wat gevolg moet word, het kapt. Earle gesê.



