
Eskom het laat vanaand aangedui dat beurtkrag teen Woensdagoggend om 05:00 opgeskort word. Tot dan geld fase 2 beurtkrag wat beteken dat Parys nog Woensdag in die oggendure tussen 02:00 en 04:30 beurtkrag sal hê.
Beurtkrag is Saterdagmiddag skiellik ingestel met wat aanvanklik begin het met fase 3 beurtkrag..
Sondagoggend is daar skiellik oorgegaan na fase 6 beurtkrag na probleme by Eskom se Camden, Majuba en Medupi kragstasies.
Daarna is beurtkrag eers verlaag na fase 4 en toe fase 2 wat vanoggend in die oggendure in werking gestel is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



