Local newsNews

Help Lee-Ann deur jouself te laat toets

"Ek glo God gee nooit vir jou 'n stryd wat jy nie kan veg nie. Ek sal dié oorwin."

Lee-Ann Scholtz (24) is in Junie 2024 met akute myeloïede leukemie gediagnoseer, wat bekend staan as kanker van die bloed en beenmurg.

Die ma van een vertel dit het alles begin toe sy drastiese gewigsverlies ervaar het, wat haar aangespoor het om ‘n plaaslike dokter te besoek. Bekommerd oor haar gesondheid is sy na ‘n hospitaal verwys, waar dokters verskeie toetse gedoen het, maar nie die oorsaak van haar simptome kon bepaal nie.

Die volgende dag is sy na ‘n ander hospitaal oorgeplaas, waar verdere toetse gedoen is.

Daar het dokters kanker vermoed, maar was nie seker van die presiese tipe nie. Eers toe sy na nog ‘n ander hospitaal geskuif is, het sy uiteindelik ‘n bevestigde diagnose van leukemie gekry.

Om die werklikheid van kanker te aanvaar, was vir Lee-Ann ongelooflik moeilik.
Haar familie was verpletter, veral haar ouma, terwyl haar ouers probeer het om sterk te bly vir haar.
Voor haar diagnose was Lee-Ann aktief betrokke by die kerk. Haar lewe het egter drasties verander. Sy woon nie meer so gereeld kerk by nie, en bring die meeste van haar tyd in die hospitaal deur. Sy is ook baie weg van haar dogtertjie af.
“My dogtertjie het onlangs met graad een begin en ek kon nie haar eerste skooldag bywoon nie. Dit het my hart gebreek,” vertel Lee-Ann.

Ten spyte van die uitdagings, bly Lee-Ann hoopvol.

Lee-Ann Scholtz.

“Ek glo God gee nooit vir jou ‘n stryd wat jy nie kan veg nie. Ek sal dié oorwin.”

DKMS Suid-Afrika hou op Sondag, 9 en 15 Maart van 10:00 tot 12:00 en 10:00 tot 14:00 ‘n registrasie dag waar potensiële bloedstamselskenkers kan registreer en toets om te kyk of hulle ‘n moontlike skenker vir Lee-Ann kan wees.
Die registrasiedag sal by AFM Schonkenville, Derdestraat 93, Parys plaasvind.

Velicia Hammand van DKMS Suid-Afrika sê die registrasie en toets proses is baie eenvoudig. Dit is net ‘n mond depper toets.
“Indien jy dan ‘n moontlike skenker vir Lee-Ann is, sal jy gekontak word en dit sal van daar af verder gevat word. Die lekker ding is ook – al is jy nie ‘n moontlike skenker vir Lee-Ann nie, kan jy dalk ‘n skenker vir iemand anders wees,” vertel Velicia.

DKMS is ‘n wêreldwye organisasie wat al vir 30 jaar bestaan. Dit is hulle doel om hoop te gee.

“Wanneer jy as ‘n skenker geïdentifiseer word, moet jy ook ‘n weefsel tipe passing en DNA tipe passing doen. Die kanse daarvoor is een uit 100 000. Dit is hoekom dit so uiters belangrik is dat soveel mense moontlik registreer.”

Die proses om bloedstamselle te skenk is baie dieselfde as om bloed te skenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button