Local newsNews

City to City busongeluk: Dodetal staan op tien, talle beseer

Die Vrystaat provinsiale regering het sy opregte medelye met die families van die oorledenes betuig.

Tien mense  is dood en meer as 27 beseer in ‘n gru botsing vanoggend op die N6 toe ‘n City to City bus kop-aan-kop met ‘n vragmotor sowat 15km suid van Reddersburg in die rigting van Smithfield gebots het. Van die beseerdes het 2 kritieke beserings opgedoen, en drie is ernstig beseer, het Hillary Mophethe woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer vanmiddag bevestig.

Mophethe sê pasiënte wat kritiek en ernstig beseer is, is in die Pelenomi Trauma-eenheid opgeneem, terwyl die 22 ander beseerders na die Stoffel Coetzee-hospitaal in Smithfield vervoer is.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid sou die Vrystaatse Premier, Me MaQueen Letsoha-Mathae en die provinsiale uitvoerende komitee vanmiddag die pasiënte wat in die Pelenomi-hospitaal opgeneem is, besoek het.

Die ongelukstoneel op die N6 waar tien mense vanoggend gesterf en 27 beseer is toe ‘n bus en ‘n vragmotor gebots het.

Die busongeluk volg etlike dae nadat agt mense Saterdag buite Heilbron gesterf het toe die bakkie waarmee hulle gery het op die Kliprivier-laagwaterbrug op ‘n grondpad tussen twee plase meegesleur en in ‘n stroom beland het. Onder die oorledenes was ‘n oupa, ouma, hul drie kleinkinders, assok ‘n man en vrou en hul 2-jarige dogtertjie.

Die Vrystaatse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, JNI Mbalula, het na vanoggend se busongeluk weer die belangrikheid van padveiligheid beklemtoon.

  • Knip jou veiligheidsgordel vas en maak seker dat jou passasiers ook gebruik maak van hul veiligheidsgordels in die voertuig.
  • Hou by spoedgrense.
  • Wees bedag op voetgangers, fietsryers en ander padgebruikers.
  • Moenie jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie.
  • Wanneer jy ver moet ry, maak seker dat jy gereeld rus.
  • Diens jou voertuig en maak seker dat dit padwaardig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button