Local newsNews

Onverantwoordelike onderspandering verpletter hulp aan kwesbares

Organisasies sonder winsbejag oorbrug kritieke gapings van armoedeverligting tot opvoeding, gesondheidsorg en maatskaplike ondersteuning.

Die onthulling dat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling glo miljarde laat lê en stof opgaar, is kommerwekkend en ‘n onaanvaarbare onreg teenoor kwesbare inwoners. Dit is die reaksie van Solidariteit Helpende Hand nadat die DA in Gauteng Woensdag bekend gemaak het dat die aantal befondste organisasies sonder winsbejag (OSW’s) van 2 061 in 2014 verminder het tot slegs 1 328 in 2025 – terwyl R1,7 miljard wat vir maatskaplike ontwikkelingsdoeleindes
geoormerk is, onbestee gebly het.

“Die afname in befondste OSW’s en die onderbesteding van beskikbare fondse is ‘n harde klap in die gesig van organisasies wat reeds sukkel om noodsaaklike dienste aan kwesbare gemeenskappe te lewer” sê Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Hierdie organisasies oorbrug kritieke gapings van armoedeverligting tot opvoeding, gesondheidsorg en maatskaplike ondersteuning. Om hulle van befondsing te ontneem terwyl miljarde onbestee bly, is roekeloos en onverskillig,” sê Noeth.

Hy sê verder die drastiese afname in befondsing het verreikende gevolge. Dit beteken minder gemeenskapsentrums, minder hulp vir kinders en bejaardes en minder ondersteuning vir diegene wat met afhanklikheid en trauma worstel. Terwyl die behoefte aan hierdie dienste groei, krimp die hulpbronne wat beskikbaar is om dit te lewer.”

Solidariteit Helpende Hand ontvang geen staatshulp nie, maar slaag danksy ondersteuning om onder meer daagliks 8 000 kinders van ‘n bord kos te voorsien en hulpbehoewende graad 1’s by 130 skole met skooltassies en skryfbehoeftes toe te rus. “Ons het verskeie projekte om gemeenskappe se welstand te verseker en bejaardes, kleuters, persone met gestremdhede en gesinne by te staan. Danksy die Helpende Hand Studietrust wat vanjaar R61 miljoen se studiehulp toegeken het, word 1 170 studente tans gehelp. Dink net wat ons alles sal kan vermag met net ‘n fraksie van die onbestede staatsbefondsing – met die volle bedrag kon Helpende Hand 32 607 studente ondersteun, of 85 miljoen kleuters voed, of 3,77 miljoen skooltassies verskaf ” sê Noëth.

“Solidariteit Helpende Hand het ‘n beroep op die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gedoen om hierdie situasie reg te stel, en versoek  dat die onbestede fondse  herontplooi word na OSW’s wat die impak van hul werk in gemeenskappe bewys het.

Die drastiese afname in befondsing het verreikende gevolge. Dit beteken onder meer minder hulp vir kinders en bejaardes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button