Local newsNews

Doodgeskok by hoogspanningkabelkas

Die polisie het bevestig dat n nadoodse ondersoek ingestel word.

Die polisie het bevestig dat ‘n man se liggaam Woensdagoggend vroeg in ‘n hoogspanningskabelkas in Schochetstraat in Parys se nywerheidsgebied gekry is waar hy doodgeskok is. Verbygangers het die man sien lê en dit gerapporteer.

Dit is bevestig dat die kas se slot geknip was en daar gepoog is om die hoogspanningskabel te knip. Geen verdere inligting oor die voorval is op hierdie stadium nog bekend nie.

’n Nadoodse ondersoek sal ingestel word.

Parys en Vredefort gaan vir ‘n geruime tyd al gebuk onder gereelde voorvalle van diefstal en vandalisasie van die kragnetwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button