Local newsNews

Bekende SA-aktrise sterf na stryd teen kanker

Ons opregte medelye aan haar familie.

Die aktrise Crystal-Donna Roberts bekend vir onder meer haar bekroonde rol in Krotoa en Arendsvlei, het op 41-jarige ouderdom  haar stryd teen kanker verloor. Sy is in haar slaap oorlede.

Crystal het in 2018 die Safta-prys as beste aktrise ontvang, vir haar rol in Krotoa, en in 2020 vir haar rol in die telenovelle, Arendsvlei. 

Oor die jare is sy gesien in verskeie televisie- en rolprentrolle asook teaterproduksies.

Hieronder tel 7de Laan, Vallei van sluiers, Die Boland moorde, Getroud met rugby, Die Byl, Hanna Hoekom, Bidsprinkaan, Rondomskrik en Siener in die suburbs.  

Sy was ook voorheen ‘n aanbieder van die TV-program Pasella.

Sy publiseer haar debuutroman, Speurder Sammi: Die blou steen in 2022.

Borskanker is in 2019 by haar gediagnoseer.

Crystal-Donna Roberts

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button