Ford-trots skrik nie vir Vrystaatse modder en reën nie
Hier is gekyk en lekker gekuier.
Nie eens Saterdag se reën kon die pret bederf van die 86 trotse F100 en F250 eienaars wat Saterdag by De Vette Mossel Parys saamgetrek het om te kom spog by die Truck Meet. Daar is lekker saamgekuier en selfs in die modder baljaar na swaar reën die middag. “Sommige het van sover as Lichtenburg gekom,” vertel Waldo en Amorie Prins. Verskeie stalletjies en kindervermaak was ook die dag beskikbaar. Die foto’s vertel iets van die dag se kuier en pret.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



