Klopjag onthul dagga-fabriek in Potchefstroom
Daar is ook op ammunisie en ‘n pofadder beslag gelê
Die polisie het Vrydag, 7 Maart op ‘n dagga-fabriek by ‘n huis op die Wilgeboom plotte toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n lasbrief is omstreeks 09:00 Vrydagoggend uitgereik.
“Op die perseel is ‘n kweekuis, daggabome, masjinerie en dagga in verskillende vorms opgespoor. Daar is ook op ammunisie en ‘n pofadder beslag gelê. ‘n Spesifieke chemikalieë om ander dwelms te vervaardig is gevind.”
Inligting oor die hoeveelheid dagga, daggabome, ammunisie en die verdagtes se ouderdomme is nie in hierdie stadium beskikbaar nie.
Dagga in verskillende vorms van verwerking is oral in die huis gevind.
‘n Man en vrou, wat saam op die perseel gebly het, is in hegtenis geneem en sal Maandag, 10 Maart in die Potchefstroom-landdroshof verskyn. Alle aanklagte teen hulle is nog nie bekend nie.





















