Local newsNews

Gesteelde Porche gekry danksy skitterende polisie-werk

'n Sein 'jammer' is in die vier verdagtes se besit gekry.

‘n Porsche Cayenne wat in Vereeniging gesteel is, is Vrydag by die Blyde in Pretoria teruggevind, en vier verdagtes gearresteer na skitterende samewerking tussen die Fezile Dabi Trio-taakspan, Parys Misdaadintelligensie-eenheid, Sasolburg-hoofwegpatrollie en verkeersbeamptes van Parys.

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê lede van die  eenhede het Vrydagmiddag inligting gekry van ‘n silwer Mercedes wat betrokke was by ‘n voertuigdiefstalsaak  in Vereeniging. Die voertuig is op die R59 opgemerk waar dit in die rigting van Parys beweeg het, en is voorgekeer en deursoek.

Die drie mans en ‘n vrou in die Mercedes,  het ‘n sein ‘jammer’ en die sleutels van die beweerde gesteelde Porsche by hulle gehad.

Lede van die Trio-taakspan het later daardie selfde nag die gesteelde Porsche in Pretoria gekry.

Die vier verdagtes, tussen die ouderdom van 28 en 72 sal  voor die landdroshof in Parys verskyn.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button