Local newsNews

Grietjie weeg toe ‘n verstommende 445kg

Die swaarstes van swaar pampoene het die naweek 'n gewigtige indruk by die Goliat van Gat-fees gemaak.

Die wenner van vanjaar se Goliat van Gat Pampoenfees is Cornelis Bester met sy pampoen, Grietjie, wat die skaal op ‘n verstommende  445 kg laat staan het. Die fees is Saterdag gehou.

Tweede was Lee-Ann van Zyl met haar pampoen van 360 kg, terwyl Jacky Smal en haar pampoen van 185 kg die derde plek behaal het.

Die swaarstes van swaar pampoene het die naweek ‘n gewigtige indruk by die Goliat van Gat-fees gemaak.

Dit was ’n gesellige dag vol lekker eetgoed, iets te drinke en hope pret vir almal wat die groot pampoene kom bewonder het.

Die pampoengeregkompetisie was ook ’n sukses, met Ritha Combrink wat as wenner uit die stryd getree het met haar heerlike pampoensopgereg. Die eerste vyf wenners van die pampoengeregkompetisie het elk ’n kookklasprys gewen by Steyns Culinary School in Hatfield, Pretoria.

Die pampoendra-kompetisie het gesorg vir ’n paar swaar oomblikke toe deelnemers hulle bes gedoen het om die groot pampoene rond te dra, en die pitspoegkompetisie het die spoeg laat spat!

Die dag is afgesluit met die oorhandiging van pryse aan die wenners.

Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button