Local newsNews
Jy moet borsel sê Piet Tande
Die besoek is moontlik gemaak danksy die plaaslike Solidariteit Helpende Hand tak.
Solidariteit Helpende Hand se karakter, Piet Tande, het vanoggend gaan inloer by die graad 1’s van Parys Christelike Skool waar hy die kinders geleer het hoe om jou tande reg te borsel, hoeveel keer ‘n dag jy moet borsel en die waarde van gesonde kos in jou dieet.
Die kinders het dit baie geniet om by Piet Tande te kon leer en is daar selfs vir ‘n verjaardagmaatjie gesing.
Die besoek is moontlik gemaak danksy die plaaslike Solidariteit Helpende Hand tak.


Meer oor Solidariteit Helpende Hand:
Solidariteit Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie met Christelike waardes binne die groter Solidariteit-groep wat daarna streef om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou. Hulle bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur vrywilliger-takke.
Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer en dan deur die tak aangespreek waar moontlik.
Al wat jy hoef te doen om die werk van Solidariteit moontlik te maak om op soveel maniere ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is om so min as R50 ‘n maand by te dra vir Solidariteit Helpende Hand.
As jy meer wil weet van die organisasie, en hoe jy betrokke kan raak, skakel vir Matty Last by 072 267 9758.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



