Local newsNews

Agterstand met outopsies: Ons werk aan oplossings sê departement

Die departement së hy is bewus van die bykomende hartseer vir families en ongerief wat die situasie tans veroorsaak en sê hy is daartoe verbind om die kwessie so gou moontlik op te los.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê hy neem kennis van die agterstand met outopsies in die provinsie. Die agterstand is veroorsaak deur die sluiting van die staatslykshuis na ‘n kennisgewing wat in Oktober verlede jaar deur Departement van Indiensneming en Arbeid uitgereik is. Die gevolg van die kennisgewing is dat outopsies nou hoofsaaklik by Botshabelo en in Welkom gedoen word.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê die departement is bewus daarvan dat die huidige situasie beduidende implikasies het, nie net vir plaaslike begrafnisondernemers nie, maar ook bykomende hartseer vir families veroorsaak.

Mvambi sé die departement is daartoe verbind om die situasie so gou moontlik op te los en die agterstand in te haal, deur die uitdagings by die staatslykshuis aan te spreek en te poog om dié fasiliteit weer so gou moontlik operasioneel te kry.

Bykomende pogings sal van 14 Maart tot 20 Maart van stapel gestuur word om die agterstallige 53 outopsies te doen, en is elf hiervan Vrydag afgehandel, het Mvambi gesê.

Lees ook die berig wat in 2024 geplaas is, toe die kennisgewing uitgereik is. 

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2024/10/22/interventions-to-avert-crisis-at-fs-government-mortuary/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button