Local newsNews

Swaar vonnis vir Pa wat baba verkrag en vermoor

Die pa is vroeër skuldig bevind op beide klagtes van moord en verkragting.

‘n Sewe en dertigjarige pa van Caletonville is vandag twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting en moord van sy agt dae oue babadogtertjie.

Hugo Ferreira is vroeër in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan beide die klagtes van moord en verkragting. Hy het tydens die verhoor erken dat hy klein Caithlyn op 8 Junie 2023 met sy vinger verkrag en toe aan haar nek gegryp en sodanig aangeerand dat sy aan haar beserings beswyk het.

Ferreira en die baba se ma, Maureen Brand, het in Welverdiend, Carletonville, gewoon ten tyde van die voorval.

Caithlyn was in haar pa se sorg gelaat terwyl haar ma klere gaan verkoop het om geld vir doeke te kon kry, toe sy verkrag en vermoor is. Ferreira het kwaad geword omdat die baba se ma langer weggebly het en die baba aanhoudend gehuil het.

Toe die ma terugkom was Ferreira en die baba weg en het eers later teruggekeer. Toe eers kon hulp vir baba Caithlyn ontbied word, en is sy op 9 Junie 2023 in die hospitaal oorlede.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button