Local newsNews

Parysenaars wys hul staal by SA baanfietskampioenskappe

Baanfietse verskil van padfietse in die opsig dat dit geen ratte of remme het nie.

Drie Parysenaars het die afgelope week op die intimiderende Velodrome-baan in Belville aan die SA Nasionale Baanfietskampioenskappe deelgeneem. Skuins gedeeltes om die draaie op dié baan het ‘n helling van 43°.

Riko Vorster, ‘n leerder van Hoërskool Parys behaal in die seuns o17-afdeling die volgende plekke: Negende plek vir die 1 500m, ‘n negende plek in die 5 000m Scratch Race, ‘n 11de plek vir Keirin 1 500m, ‘n 11de plek in die individuele 500m tydtoets, ‘n negende plek vir die 10 000m, sesde plek Individual Pursuit 2 000m en ‘n 12de plek in die 200m Match Sprint.

Riko Vorster

Veteraan en oud SA-kampioen André Joubert skitter in die 75+ afdeling met eerste plekke in die 2 000m Individual Pursuit, die 7 500m Scratch Race, die 500m tydtoets en die 200m Match Sprint.

Andre Joubert.

Dawie Bornman behaal in die Meestersafdeling vir baanfietsryers 65-69 jaar derde plekke in die 2 000m Individual Pursuit en 1 500m, asook ‘n tweede plek in die 7 500m Scratch Race.Baanfietse verskil van padfietse in die opsig dat dit geen ratte of remme het nie.

Fietsryers van Parys wat aan die SA baanfietskampioenskappe deelgeneem het is van links André Joubert, Riko Vorster, Dawie Bornman en Rudolf Vorster (spanbestuurder).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button