Local newsNews

Gesellige ontbyttafel kuier by Ops Kolgans

Eenheid Koepel is drie jaar gelede gestig, en is die eenheid se doelstellings op vier pilare gebou - ondersteuning, erkenning, herdenking en gemeenskapsprojekte.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Eenheid Koepel in Parys het die afgelope naweek saam om die ontbyttafel by die 1919 Restaurant on Vaal gekuier.

By die geleentheid bekend as Ops Kolgans, kon lede mekaar beter leer ken. Dit was ook die eerste geleentheid wat die nuwe bestuur van die eenheid aangebied het.
Lidmaatskap tot die SAWV is oop vir oudsoldate en veteraan Staandemag- en Burgermaglede, kommandolede, hulpdiens, nasionale dienspligtiges, lede van die Leër, Lugmag, Vloot en Geneeskundige dienste. Die vereniging bied verskeie voordele aan sy lede.

Die Koepel-eenheid bestuur is van links: Johan de Vries (ondervoorsitter), Johnny Burger (voorsitter en kapelaan), Estelle Oosthuizen (adjudant) en Jan Venter (media en bemarking).
Heel regs is Lolla Muller (SAWV adjudant van die Vrystaat) wat die oggend met Eenheid Koepel oor die SAWV kom gesels het.

Eenheid Koepel is drie jaar gelede gestig, en is die eenheid se doelstellings op vier pilare gebou – ondersteuning, erkenning, herdenking en gemeenskapsprojekte. Die organisasie is A-polities en werk nou saam met kerke en welsynsorganisasies om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Lede van SAWV se Koepel-eenheid wat die heerlike Ops Kolgans ontbyt bygewoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button