Local newsNews
Drie sterf ure uitmekaar in twee gru-botsings
Ons opregte medelye aan die families van die oorledenes.
Twee mense het Sondagmiddag omstreeks 17:30 in ‘n botsing op die N1 noord onderweg na Pretoria gesterf, toe die Volkswagen Polo Vivo waarmee hulle gery het, ‘n boom langs die pad getref het. ‘n Derde insittende van die voertuig is nie ernstig beseer nie.
Enkele ure later is nooddienste na die R82 ontbied waar een persoon in ‘n trompop botsing tussen twee ligte voertuie omstreeks 02:45 vanoggend gesterf het.
Drie beseerdes is per ambulans van die botsingstoneel na die Fezi Ngubentombi-hospitaal in Sasolburg vervoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



