Local newsNews

Net water waar jy kyk

Talle waterkykers in Parys se strate

By Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier het die water heelwat gestyg en sien jy die Vaal se water hier naby die sypaadjie by die brug.

Talle het vandag die water in Parys kom kyk.

‘n Kind ry deur die water op die grasperke by die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate. Die brug is toe onder water en gesluit vir voetgangers en verkeer.

Vanmiddag is sandsakke by die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate gepak om te verhinder dat die water na die strate en eiendom hier vloei.

In Fickstraat naby die hangbrug in Parys lê die water in die pad.

Talle besoekers het kom water kyk in Parys en kon besoekers weer soos van ouds op die dorp se geskiedkundige hangbrug loop om na die Vaalrivier se water te kyk danksy vrywilligers wat vroeër plan gemaak het om uit eie fondse weer die brug te kon beveilig nadat ‘n kabel in Desember gebreek het, en die brug vir ‘n tyd lank vir voetgangers gesluit was.

Hengelaar het Vrydag  hier op die grasperk by die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate lyn natgemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button